Friday, 13 September 2013

11 en 12 September 2013. Punta Gorda (FL) en reis na Miami Internasionale Lughawe


Het die afgelope twee dae rustig deurgebring in afwagting op die lang reis terug huis toe.

Het gehardloop, geswem, die blog op datum gebring en al die goed wat ek moet pak georganiseer. 

Ons (Saxon en ek) het lekker gaan uiteet Woensdagaand.

Donderdag was Saxon so gaaf as om my die 220 myl na Miami Internasionale Lughawe toe te vat, en het dit gekombineer met 'n besoek aan mense in Miami. Ons het redelik vroeg vertrek om te verseker dat ek nie laat is nie.

Soos ek hier by die hek sit en wag om op die vliegtuig te klim, kan ek net dankbaar se, wat 'n ondervinding van 'n lewe! 


Saxon en ek by die restaurant op die stoep in Punta Gorda waar ons saamgeet het op die laaste aand van my reis


Die sonsondergang vanaf die restaurant by Punta Gorda



Hierdie kanaal is die plek waar Saxon by die see uitkom van sy huis af


Strand gebied by Punta Gorda


Die kanale by Punta Gorda naby saxon se huis. Ek het hier gedraf in die oggend.


Laaste foto van die rooi kar by een van die kanale in Punta Gorda vroeg vanoggend. Is ek verkeerd as ek se die kar lyk hartseer en eensaam, of is dit maar net in my gemoed?







Tuesday, 10 September 2013

10 September 2013. Darien (GA) na Punta Gorda (FL)

Le vandag die laaste ongeveer 380 myl terug na Punta Gorda af. Ry hoofsaaklik snelwee en die tyd gaan gou verby soos ek reflekteer oor al die ervarings. Die pad wat ek vandag ry is grrotliks deur moerasgebied wat net aanhou en aanhou.

Kan nie glo dat die vakansie so gou verby gegaan het nie! 

Dankbaar dat die Here my, en die mense wat saam gery het, veilig bewaar het.

Het in die proses 16 253 myl, of 26 004 Km  oor 'n tydperk van 70 dae afgele. Dit is 'n gemiddelde afstand van 232 myl, of 371 Km, per dag!

Sal in die komende dae bietjie besin en terugstaan en algemene indrukke dokumenteer

Terug in die Staat waar ek begin het-Florida


Laai die kar af by Saxon se huis



Swem weer in Saxon se swembad na verloop van 70 dae





Monday, 9 September 2013

9 September 2013. Myrtle Beach (SC) na (naby) Darien, (GA) via Charleston

Kan nie glo my vakansie loop nou speodig na 'n einde toe nie.

Die hoof fokus was vandag Charleston, South Carolina. 

Die naam het begin as "Charles Towne", na die destydse koning van Engeland.

Dis 'n stad met 'n besondere geskiedenis. Die eerste settelaars het in 1660 hier aangekom van Engeland, via die eiland van Barbados. Hulle het eers 10 jaar na hulle aankoms gemaklik gevoel om hul nedersetting na die huidige Charleston, naby diep water, te verskuiwe (sien beskrywing van die rede by foto hieronder). Die setlaars was uitsluitlik hier as deelvan 'n kommersiele onderneming. Daar was heelwat swart mense (slawe en andersins) wat saam probeer het om 'n sukses van die onderneming te maak.  

Die eerste nedersetters het maar baie gesukkel totdat hulle die gepaste gewas, (wat rys is), wat by die omgewing aanpas, gevind het. Suikerplantasies, soos in Barbados, het o.a. nie gewerk nie. Tot voor die Amerikaanse Burgeroorlog was Charleston die mees welgestelde stad in die VSA.

Die eerste skote in die Amerikaanse Burgeroorlog het hier begin, met die Suide wat die Federale Sterkpunt, Fort Sumter, aangeval en ingeneem het.

Charleston het 'n unieke suidelike karakter. Die mense hier hou nie van die "Yankees" nie. Die pas is stadig, en die mense vriendelik en belangstellend. Die mense kyk mooi na hulle stad. Hulle groet mens op straat en vra en luister waar jy vandaan is. In al my reise het ek nog nooit so iets ervaar nie. Dit sal lekker wees om eendag bietjie meer tyd hier te spandeer.


Daar is 'n park waar die eerste setlaars aan wal gekom het


Die plantegroei lyk op die oog af baie welig


Die Fortmuur van houtpale wat beskerming moes bied teen die Spanjaarde en die plaaslike bevolking


Kannonne was ook daar as deel van die verdedigings meganismes


Saam met die ander nedersettings aan die kus, soos Jamestown en New Amsterdam, was dit maar baie geisoleer en bedreig, veral van die Spanjaarde in St Augustine verder suid aan die ooskus van Florida.


'n Voorbeeld van 'n boot waarmee goedere tussen die verskillende nedersettings aan die ooskus vervoer is. As dit moet,  het hierdie skippie ook die reis na Barbados, 1600 see myle ver, onderneem.


Die plek waar die eerste settelars aan wal gekom het is primer gekies omdat dit makliker was om teen 'n see aanval te verdedig. Dit is 'n moeras en die water was hier nie diep genoeg om die Spaanse skepe naby genoeg te laat kom om hulle kannonne teen die nedersetting te gebruik nie, en het dus hulle groot voordeel uitgeskakel.


My middagete by Bubba & Gump se restaurant in Market straat, Charleston


Die vertrekpunt van die perdekar.-met bietjie humor daarby.  Hulle kyk baie goed na die Perde


Die eerste kerk in Charleston. Van kerke was (is) daar baie (insluitend 'n Hugenote kerk), so ook plekke om mens se dors te les, asook 'n ander tipe plekke (in die verlede) wat mens nie in ordentelike geselskap noem nie.


Tipiese Charleston huis, met die oop stoep wat wes kyk om die hitte tee te werk. Baie invloed van Barbados in Charleston.


Mooi huise in Charleston



Straat toneel van die ou dorp


Die burgeroorlog woed nog voort na sommige mense se mening


Passasiers skepe doen by Charleston aan. Dit sal 'n baie aangename besoek wees


Die mark, wat vandag nog in gebruik is










 




 








Sunday, 8 September 2013

8 September 2013. Morehead City (NC) na Myrtle Beach, (SC)

Ry vandag 'n relatiewe kort afstand van omtrent 280 Km, en is net na 15h00 by my bestemming.

Ry vir die eerste deel van die more deur die een North Carolina strand dorpie na die ander-Atlantic Beach, Emerald Isle, Swansboro- met die dak oop.

Ry ook  verby die reuse mariniers basis van Camp Lejeune wat baie, baie groot is. Mens ry ontrent vir 45 minute teen 50 mph verby en om die kamp. Dit lyk my dis 'n opleidings plek, en dis aan die see en moerasse gelee. Daar word duidelik goed na die militere dinge in die VSA gekyk.

Na die eerste deel van my reis, kies ek koers Suid Wes na Myrtle Beach in South Carolina, waar ek op die starnd wil bly en langs die see gaan stap. Kry dit ook reg, my hotel is op die see en ek gaan laatmiddag vir 'n lang stap langs die strand. Die water is lou warm, dink dis die invloed van die "Gulf Stream", en geniet die stap met my voete in die lou seewater. Daar is duisende mense op die strand wat vir myle aaneen strek. Die branders is maar klein.

Hardloop en doen oefeninge na ek bietjie gedut het, en voel goed en dankbaar.

Die uitsig van my hotel by Morehead City, met die dorpie Atlantic Beach aan die oorkant.


Die strand dorpies volg een op die ander en strek oor baie myle-kyk al die watertorings


Gaan Suid Carolina binne


Die strand en 'n jetty by Myrtle Beach



Die Hampton Inn waar ek bly op Myrtle Beach


Die strand laatmiddag van my hotel kamer




 




Saturday, 7 September 2013

7 September 2013. Washington DC va Morehead City via "Outer Banks" en "Cape Lookout National Seashore"

Lang en interresante dag. Kies vroeg koers van Washinghton DC, via Richmond, Williamsburg en Virginia Beach na die "Outer Banks" van North Carolina aan die Atlantiese Oseaan. 

Dis 'n lang reis-het vandag omtrent 450 myl ver gery.

Twee keer met 'n veerboot gery-die eerste (verniet) van Hatteras na Ocracoke Eiland (45 minute), en die tweede van Ocracoke na Cedar Island (wat $15 gekos het en waarvoor ek moes bespreek) (2ure 15 minute). 

Die omgewing is tipies strandvakansie plekke met die gepaardgaande atmosfeer en interresant. Laat mens bietie aan die strand dorpies in SA dink, maar die skaal is heelwat groter.

Ry met die kap af op Ocracoke Eiland en ook in die skemer die laaste 40 myl van Cedar Island na Morehead (NC) en geniet die seelug.

Met die veerbootritte het die dag weer sy besondere en anderste ervarings gehad. Praat lekker met 'n klomp mense.
 
Welkom sentrum by die begin van die "Outer Banks" in North Carolina. Hulle het my gese ek sal nie die veerboot van Ocracoke betyds haal nie-hulle was verkeerd met omtrent 'n uur.


By Kitty Hawk in North Carolina-waar die Right Broers vir die eerste keer 'n vliegtuig gevlieg het


Op die "Outer Banks"-Hatteras National Seashore


Wag vir die veerboot van Hatteras na Ocracoke Eiland



Almal is aan boord en die veerboot vertrek


Dorpie van Hatteras naby Cape Hatteras


Veerboot op pad na Hatteras-kyk die bus!


Veerboot na Ocracote eiland wat ek op was.


Die rooi kar loer tussen die ander deur


Aankoms na eerste veerboot rit


Dis hoe die "Outer Banks" lyk



Dis hoe die huise lyk


Die dorpie Ocracoke


Iets geleer, dis waar William Teach (alias Blackbeard)-die wel bekende seerower, sy lewe verloor het naby Ocracoke


Ons verlaat Ocracoke vir Cedar Island


Veerboot na Cedar Island


Aankoms by Cedar Island