Thursday, 5 September 2013

4 & 5 September 2013. Washington DC

Begin vroeg Woensdagoggend om die kar by 'n Ford handelaar, wat net 'n km of twee van die hotel af is, te laat diens. Die kar is in goeie orde se hulle, maar ek laat een of twee dinge vervang. Dit kos my omtrent $400. Na ek reeds meer as 16 00 myl afgele hewt, is ek dankbaar dat die diens en herstelkoste sover minder as $500 was.

Spandeer daarna die res van die dag om die Lincoln Memrial kant van die Mall te verken, insluitend Theodore Rooseveldt eiland wat min mense besoek.

Donderdag doen ek by die Holocast en die Lug en Ruimte museums aan.

Beide museums is werklik indrukwekkend, en ek leer baie praktiese goed en perspektiewe.

Wat betref die eersgenoemde museum, is dit ongelooflik wat 'n populistiese leier, in die regte omstandighede, met en aan 'n hele land en volk kan doen. Dit is 'n les wat mens nooit kan bekostig om te vergeet nie!
  
Theodore Rooseveldt, voormalige President  van die VSA vroeg in die 20ste eeu. Bekend vir sy optrede teen die kartelle en die stig van Nasionale Parke. Standbeeld en van sy uitsprake op die eiland in die Potomac na hom vernoem.




Die Potomac, die nasionale Katedraal en die Teddy Rosseveldt eiland 


Watergate met sy Nixon-era skandaal geskiedenis


Die Vietnam monument op die Mall beeld-met hulle name in die kronologiese volgorde van sterftes-die meer as 58 000 soldate wat in die stryd gesterf het treffend uit (min aan die begin, die meeste op die hoogtepunt, en minder soos die ontrekkking vorder).   


Die Vietnam "Ranger" monument-baie realisties.


Lincoln Monument





Gettysburg toespraak-mense se een van die bestes ooit.


Die Washington Monument op die Mall wat herstel word a.g.v. die aardbewing


Die Capitol, waar die Raad van Verteenwoordigers en Senaat vergader




Korea oorlog monument, waaraan Suid Afrika, as lid van die Verenigde Nasies, deelgeneem het.



Die Holocast meseum laat mens beslis dink.


Smithsonian Vliegtuigmuseum-hier is van die belangrikste wapens van die koue oorlog-die VSA se Pershing en die USSR se SS 20 (met sy drie plofkoppe) missiele laat mens hoendervleis kry. 


Die oorspronklike Wright Broers se vliegtuig wat vir die eerste maal by Kitty Hawk in North Carolina bewys het dat swaarder as lug tuie kan vlieg.


Charles Lindburgh se vliegtuig waarmee hy vir die eerste keer van die VSA na Europa (Parys) in 1027 oor die Atlantiese Oseaan gevlieg het 


Vroee "Predator" onbemande vliegtuig, wat toenemend die aard van lugoorlogvoering gaan verander.


Ek het die Imax Film "The dream is alive" (weer) ontsettend geniet.


Die stadsaal van Alexandra in Virginia waar ek bly


Straat toneel van waar ek Donderdagaand geeet in Alexandra , Virginia.


















No comments:

Post a Comment