Staan so 7 uur op en gaan 5 of so Km draf langs die Charles Rivier, wat Cambridge van Boston skei. Gedurende die hardloop sien ek allerande interresante goed, insluitend waar die Harvard Bsigheidskool gelee is-oorkant die Charles rivier waar die hoof Harvard Kampus (Yard) is.
Kom ook agter hoekom hulle die geweste "New England" noem. Vir die Purityne wat hier gevestig het, was dit beslis "New England", en hulle het die name ooreenkomstig gegee. Die name Cambridge, Suffolk, Ipswich ens. kom algemeen voor.
Na ontbyt, wat die hotel voorsien word, verken ek eers die Universiteits Kampus voordat ek die Moltrein stelsel (T) aandurf.
My eerste stop is die JF Kennedy Biblioteek en Museum. Baie interresant, wat mens laat terugdink aan ons vroee kinderdae met o.a. die Kubaanse missielkrisis, die hoogtepunt van die koue oorlog wat vir dekades geduur het en die besluit om maan toe te gaan.
Dis duidelik uit die bewyse dat JFK se raadgewers en "deskundiges" i.v.m. Kuba meer aggresiewe optrede as 'n blokkade om mee te begin, ondersteun het. Dit is met die voordeel van agterna gesien natuurlik 'n goeie ding dat JFK met wysheid besluit het soos hy het-dit was die naaste wat die wereld nog ooit aan 'n kernoorlog was. Dis is vir my 'n persoonlike les in leierskap en JFK het waarskynlik sy les geleer deurdat hy vroeg in sy ampstermyn die "deskundiges' hulle kop met die "Bay of Pigs" gegee het, met katestrofiese gevolge. JFK het baie goeie, en wyse, politieke toesprake gemaak en as 'n mens dit lees is dit baie inspirerend. Dis ook JFK, wat op die hoogte van die koue oorlog en terwyl hy vir die Brandenburg Hek en die Soviet Zone in Berlyn kyk (Wes-Berlyn wat 'n enklawe meer as 100 myl in Oos-Duitse gebied was), aan die skare Wes-Berlyners aan die einde van sy toespraak gese het "Ich bin ein Berliner"! Die boodskap aan die Russe was maar vier woorde (in Duits) lank, maar baie, baie duidelik.
Na die besoek aan die JFK biblioteek gaan ek na Boston terug en stap 'n gedeelte van die "Freedom Trail", wat op verskeie historiese plekke die Amerikaanse onafhanklikheids opstand en oorlog teen Engeland uitbeeld. Laatmiddag kom ek by die hawegebied uit, en sit vir 'n wyle en kyk na skepe wat heen en weer vaar met die seelug van die Atlantiese Oseaan in my longe.
Ek is bly dat ek Boston besoek het.
By die hek van die "Harvard Yard". Die Universiteit is in 1636 opgerig!
Harvard Kampus
Waar woorde-ook vir ons vandag in SA
Kubaanse missiel krisis
JFK se seiljag
Boston Common-1634 vir die doel opsy gesit
Massachusetts se Wetgewer se gebou
Kings Chapel kerk wat in opdrag van James II gebou is
Boston se wolkekrabbers van die hawe beskou












No comments:
Post a Comment