Tuesday, 3 September 2013

3 September 2013. Leheighton (PA) na Alexandra (Virginia), via Wilmington (DL)

Het vandag 'n rustige dag gehad. 

Die Ford mense in Leheighton het nie die kapasiteit gehad om vandag die kar te diens nie, dus moet ek maar more oggend in Alexandra probeer (ek het op die Internet die diens bespreek, sal maar sien wat gebeur as ek Dv more oggend 7 uur by die motorhawe opdaag).

Het toe rustig gewerk om o.a. die blog op te dateer-ek begin darem inhaal-en het toe die pad gevat Wilmington, Delaware toe waar ek om 13h00'n middagete afspraak met George en Grace Medwick gehad het. Hulle is ou vriende van Houston, waar Leonie en George saam gewerk het by die patent prokureurs Arnold, White & Durkee.

Die verkeer is swaar vandag en ry net op snelwee deur Pennsylvania, Delaware, (en na middagete) Maryland en dan DC self. Dis duidelik dat ek my nou in 'n baie digbevolkte gedeelte van die VSA bevind.

Hierdie deel van die VSA is dig bebos en in die laat somer is die weer lekker soel en aangenaam.

Die middagete met George en Grace is die hoogtepunt van die dag, en ons gesels lekker oor 'n bree reeks van onderwerpe. Ons onderneem wedersyds om beter kontak te hou-mens moet jou vriendebande in stand hou.

Na die motordiens Dv more wil ek die besienswaardighede in DC behoorlik verken. Laas toe Leonie, Tilda, Jolani, Dawid en ek hier was, was regtig te koud om dit ten volle te geniet.
 
Georg en Grace Medwick saam met my  by die eetplek. Grace het lekkers vir Leonie saamgestuur-hulle is nou in die foto (regs onder)- so ek kan hulle nie opeet nie! 


George en Grace by die rooi kar. Hulle kar is in die agtergrond-'n splinternuwe Hyundai a.g.v. Grace wat onlangs in 'n motorongeluk was en wonderbaarlik ontkom het.



No comments:

Post a Comment