Ry ook met dieselfde pad verby New Haven (Connecticut) waar ons so 'n paar jaar terug vir Tilda, wat besoek aan Yale Universiteit gebring het, gaan haal het.
Toe ek vanaand op die kaart kyk (wanneer ek bestuur moet ek net op die GPS konsentreer), sien ek hoe naby ek aan die stad New York self verby gery het.
Die raak redelik heuwelagtig soos ek Pennsylvania nader. Die New Jersey verkeerspolisie is baie bedrywig, gelukkig hou ek by die spoedbeperking, maar van die mense wat verby my jaag word afgetrek.
Besluit om by Jim Thorpe, wat in die berge van Pennsylvania gelee is, 'n draai te maak en te kyk hoe dit daar lyk. 'n Neef van my bly daar, maar ek slagg nie daarin om hom op te spoor nie. Sal more bel en kyk hoe dit met hom gaan.
Die dorpie Jim Thorpe is mooi en aan die Lehigh Rivier gelee. Duidelik trek die dorpie baie toeriste. Daar is (was) ryk steenkoolneerslae in die gebied. Is net noord van Allentown (vgl die liedtjie van Billy Joel) en Betlehem (Pennsylvania), waar die groot staalfabrieke was, gelee.
Slaap by die Hampton Inn by Lehighton-moet moreoggend Dv die motor laat diens en ontmoet dan Dv by Wilmington vir George Medwick vir middagete.
Jim Thorpe, Pennsylvania




No comments:
Post a Comment