Sunday, 8 September 2013

8 September 2013. Morehead City (NC) na Myrtle Beach, (SC)

Ry vandag 'n relatiewe kort afstand van omtrent 280 Km, en is net na 15h00 by my bestemming.

Ry vir die eerste deel van die more deur die een North Carolina strand dorpie na die ander-Atlantic Beach, Emerald Isle, Swansboro- met die dak oop.

Ry ook  verby die reuse mariniers basis van Camp Lejeune wat baie, baie groot is. Mens ry ontrent vir 45 minute teen 50 mph verby en om die kamp. Dit lyk my dis 'n opleidings plek, en dis aan die see en moerasse gelee. Daar word duidelik goed na die militere dinge in die VSA gekyk.

Na die eerste deel van my reis, kies ek koers Suid Wes na Myrtle Beach in South Carolina, waar ek op die starnd wil bly en langs die see gaan stap. Kry dit ook reg, my hotel is op die see en ek gaan laatmiddag vir 'n lang stap langs die strand. Die water is lou warm, dink dis die invloed van die "Gulf Stream", en geniet die stap met my voete in die lou seewater. Daar is duisende mense op die strand wat vir myle aaneen strek. Die branders is maar klein.

Hardloop en doen oefeninge na ek bietjie gedut het, en voel goed en dankbaar.

Die uitsig van my hotel by Morehead City, met die dorpie Atlantic Beach aan die oorkant.


Die strand dorpies volg een op die ander en strek oor baie myle-kyk al die watertorings


Gaan Suid Carolina binne


Die strand en 'n jetty by Myrtle Beach



Die Hampton Inn waar ek bly op Myrtle Beach


Die strand laatmiddag van my hotel kamer




 




No comments:

Post a Comment