Monday, 9 September 2013

9 September 2013. Myrtle Beach (SC) na (naby) Darien, (GA) via Charleston

Kan nie glo my vakansie loop nou speodig na 'n einde toe nie.

Die hoof fokus was vandag Charleston, South Carolina. 

Die naam het begin as "Charles Towne", na die destydse koning van Engeland.

Dis 'n stad met 'n besondere geskiedenis. Die eerste settelaars het in 1660 hier aangekom van Engeland, via die eiland van Barbados. Hulle het eers 10 jaar na hulle aankoms gemaklik gevoel om hul nedersetting na die huidige Charleston, naby diep water, te verskuiwe (sien beskrywing van die rede by foto hieronder). Die setlaars was uitsluitlik hier as deelvan 'n kommersiele onderneming. Daar was heelwat swart mense (slawe en andersins) wat saam probeer het om 'n sukses van die onderneming te maak.  

Die eerste nedersetters het maar baie gesukkel totdat hulle die gepaste gewas, (wat rys is), wat by die omgewing aanpas, gevind het. Suikerplantasies, soos in Barbados, het o.a. nie gewerk nie. Tot voor die Amerikaanse Burgeroorlog was Charleston die mees welgestelde stad in die VSA.

Die eerste skote in die Amerikaanse Burgeroorlog het hier begin, met die Suide wat die Federale Sterkpunt, Fort Sumter, aangeval en ingeneem het.

Charleston het 'n unieke suidelike karakter. Die mense hier hou nie van die "Yankees" nie. Die pas is stadig, en die mense vriendelik en belangstellend. Die mense kyk mooi na hulle stad. Hulle groet mens op straat en vra en luister waar jy vandaan is. In al my reise het ek nog nooit so iets ervaar nie. Dit sal lekker wees om eendag bietjie meer tyd hier te spandeer.


Daar is 'n park waar die eerste setlaars aan wal gekom het


Die plantegroei lyk op die oog af baie welig


Die Fortmuur van houtpale wat beskerming moes bied teen die Spanjaarde en die plaaslike bevolking


Kannonne was ook daar as deel van die verdedigings meganismes


Saam met die ander nedersettings aan die kus, soos Jamestown en New Amsterdam, was dit maar baie geisoleer en bedreig, veral van die Spanjaarde in St Augustine verder suid aan die ooskus van Florida.


'n Voorbeeld van 'n boot waarmee goedere tussen die verskillende nedersettings aan die ooskus vervoer is. As dit moet,  het hierdie skippie ook die reis na Barbados, 1600 see myle ver, onderneem.


Die plek waar die eerste settelars aan wal gekom het is primer gekies omdat dit makliker was om teen 'n see aanval te verdedig. Dit is 'n moeras en die water was hier nie diep genoeg om die Spaanse skepe naby genoeg te laat kom om hulle kannonne teen die nedersetting te gebruik nie, en het dus hulle groot voordeel uitgeskakel.


My middagete by Bubba & Gump se restaurant in Market straat, Charleston


Die vertrekpunt van die perdekar.-met bietjie humor daarby.  Hulle kyk baie goed na die Perde


Die eerste kerk in Charleston. Van kerke was (is) daar baie (insluitend 'n Hugenote kerk), so ook plekke om mens se dors te les, asook 'n ander tipe plekke (in die verlede) wat mens nie in ordentelike geselskap noem nie.


Tipiese Charleston huis, met die oop stoep wat wes kyk om die hitte tee te werk. Baie invloed van Barbados in Charleston.


Mooi huise in Charleston



Straat toneel van die ou dorp


Die burgeroorlog woed nog voort na sommige mense se mening


Passasiers skepe doen by Charleston aan. Dit sal 'n baie aangename besoek wees


Die mark, wat vandag nog in gebruik is










 




 








No comments:

Post a Comment