Gaan na ontbyt met die Metro na die Mall toe en le besoek af by die Museum van die Geskiedenis van die VSA. Die inhoud is boeiend, en voor ek my kom kry het ek alreeds 4 1/2 ure daar spandeer en moet ek na die hotel terugkeer om my afspraak met Hennie en Elna van Greuning by hulle huis in Reston, Virginia, na te kom.
Voor mens jou kom kry is die dag verby en is dit slaaptyd.
Die Museum vir Amerikaanse geskiedenis is om 'n aantal tema's gebou, wat elk besonder baie detail aan het. Ek het die volgende tema's besoek-"Price of Freedom" (militere gesliedenis van die VSA), die stelsel van vervoer soos dit in die VSA ontwikkel het, die presidente van die VSA en fassette van hulle doene en late, die geskiedenis by die ontstaan van die Volkslied. Mens kan jou maklik in hierdie temas verdiep en van tyd vergeet. My een gewaarwording is dat die geskiedenis van die VSA maar 'n taamlike geweldadige een is waar die een konflik die ander gereeld opvolg. Miskien is dit maar die storie van die wereldgeskiedenis en is dit nie beperk tot die wereld se polisieman nie?
More wil ek Dv die "Outer Banks" van Noord- en Suid-Carolina begin verken en sien uit daarna, maar die afstande is weereens ver so ek sal redelik vroeg moet begin.
Die Museum se ingang waar ek vandag was


No comments:
Post a Comment