Wednesday, 31 July 2013

31 Julie 2013. Oakhurst (CA) na Hanford (CA) via Sequoia NP

Ons is op pad na Sequoia Nas Park ( SNP) toe van Oakhurst en ry langs Fresno verby. Baie landbou bedrywighede en dit lyk maar droog voordat ons weer die berge ingaan. Laat mens dink aan die liedtjie "It never rains in Southern California, but it pours..".

 Op die padkaart kan ons nie mooi sien waar ons die park moet ingaan nie. Ons kom toe agter dat Kings Canyon Nas Park (KCNP)  en SNP eintlik een is en 'n gesamentlike ingang het. Ons sien toe sommer 2 parke vir die prys van 1.

In KCNP sien ons die 3e grootste Sequoia boom in die wereld genaamd Genl Grant. Dit is rerig n groot boom (sien fotos ).

 Hier ontmoet ons weer n paartjie wat ons gisteraand in Oakhurst by die restourant ontmoet het. ( Kim en Jesse Kinder uit New Mexico. Kim het pas gekwalifiseer as 'n Oor, neus en keel mediese spesialis en Jesse is 'n lektor in Fisika. Ons nuttig middagete saam op die piekniekplek en gesels lekker.) Hulle heet van Albuquerque in New Meksiko en toer deur die weste van die VSA. 

In SNP sien ons die heel grootste  boom in die wereld. Sy naam is Genl Sherman en is 2200 jaar oud, het n omtrek van 31 meter en is 275 meter hoog! Hy groei nog elke jaar, ekwivalent van 'n 60 vt hoe boom.

Gister het ons n wolf gesien.. vandag n ma beer met n kleintjie , nogal ver tussen die groot bome , maar tog mooi duidelik al is die foto nie so skerp nie. 

Om uit die park uit te kom ry ons omtrent 45 myl met 'n baie kronkelende pad, deur 1000e groot bome en daal van 7000 vt na 1000 vt. Bertie moes eers n bietjie van die pad aftrek om sy gesig te was.

Buite die park ry ons nog omtrent 80 myl waarvan 'n groot gedeelte  weerskante beplant is met lemoen, neute en olyfbome.

Ons slaap vanaand in die Sequoia Inn ( nogal gepas) in Hanford (Ca). Ons kan al amper die Stille Oseaan ruik.. ons het Dv nog net 110 myl om te ry voor ons daar is.

Droe voetheuwels van die Sierra Nevada gebergtes voor Sequoia


Parkingang


Groot, groot bome





Kim & Jesse Kinder met hul mobile blyplek en ryding


Die pad tussen die bome deur


Plaaslike inwoners geniet 'n drankie in die eetplek by Wuksachi saam met die ander gaste


Genl Sherman boom






Die omtrek van Gen Sherman is presies soos die "blokkies"
 plafeisel" waar Arend in die middel van staan op die foto hieronder!


Waar woorde deur die Parkeraad aangebring by Genl Sherman, en ook in stemming met die volgende. "Do not hurry, do not worry, we are only here for a short stay. Always stop, bend down, and smell the flowers"-(Anon-maar Charlie Bez (oorlede oud kollega van ons) was baie lief om dit te se).


Lewende plaaslike inwoner


Die bome kry voorrang bo die padmaak. Kyk hoe klein is ons kar vergeleke met die bome



Die pad af (na die suid uitgang van Sequoia NP ) is was regtig veeleisend gewees, en ons het al baie bergpaaie in ons lewe gery


Eerste keer wat ek dit sien


Lemoenboorde op pad na Visalia (Ca). Intensiewe landbou wereld.






















Tuesday, 30 July 2013

30 Julie 2013. Lone Pine (CA) na Oakhurst (CA) via Yosemite NP

Hier"s ons  weer , op pad na Yosemite Nas Park.. nog n hoogtepunt op ons reis.

Ons ry via Bishop en Lee Vining oor die Tioga Pas van 9945vt na die oostelike ingang van Yosemite. Na dit is ons aan die weste van die Sierra Nevada gebergtes, die laaste bergreeks voor die Stille Oseaan.

Die rooi vuurwa gedra hom weer goed deur die pas.Die weer is so mooi en die uitsigte nog beter dat ons dadelik toe die pas begin die kap afslaan om ten volle in voeling met die natuur te kom. Ons het op die ou end van 11h00 tot 19h00 met die oop kap gery.  Dit was baie lekker al het die son ons, ten spyte van sonbrandolie, 'n bietjie bygekom.

Ons ry heerlik deur pragtige bome en berge.. om elke draai word dit mooier. Ewe skielik kom ons af op n baie hoe piek genaamd El Captan ( hy is so hoog en groots  dat ons hom daar en dan bevorder    na El Kolonel !) 

Ons daal af in die vallei tot by Yosemite Village en Lodge en kry die eerste ( gedeeltelike) blik van die beroemde Half Dome, maar ons is ietwat teleurgesteld. 

Ons ry toe maar weer verder tot by die pad na Glacier Point, met die uitsig op "Half Dome".

Daar is n inligtingsbord wat se dit is " One of the most spectacular views on earth" Ons stem altwee saam hulle oordryf nie en is dalk nog konserwatief. Besluit maar self op grond van die fotos.

Omdat ons geen selfoonontvangs gehad het nie kon ons nie n hotelbespreking maak nie en was ons baie bly toe ons by die 2e hotel in Oakhurst bekostigbare ( maar nie goedkoop) akkomodasie kry.

Dit was weer n onvergeetlike dag en die wonderlike dae hou net nie op nie. Ons is baie dankbaar.

More probeer ons DV Sequoia Nasionale Park

Waar ons gisteraand geslaap het.


Die berge by Lone Pine, insluitend Mt Witney (14500vt-hoogste berg in die 48 suidelike state-dws uitsluitend Alaska en Hawaii)



Bishop in die sentrale vallei in Kalifornie-Bertie het herhinneringe



Lee Vining, na 37 jaar is Bertie weer by die dorp



Die aanloop na Yosemite lyk belowend





Ingang na Yosemite via Tioga Pass (9945vt bo seespieel)



Die berge en mere  is mooi







Ons eerste blik van "Half Dome"


Die pad loop vir 10'e van myle deur die bome-dis mooi!


Van die berge onder in die vallei





Nou vir die beste deel! "One of the most spectacular views on earth" inderdaad





Kyk die twee watervalle


Een van Yosemite se inwoners


Die bome word al groter soos ons suid ry
























Monday, 29 July 2013

29 Julie 2013. Las Vegas (Nevada) na Lone Pine (Kalifornie), via Death Valley

As julle die blog lees sal julle weet ons het Death Valley oorleef.. maak ook maar net!
 
Ons het so bietjie laat begin na n gesukkel om n ontbytplek in Vegas te kry (dis vakansietyd en die hele wereld is in Vegas)-maar Denny's het tot ons hulp gekom en is toe so 12h00 uit Vegas weg op pad Kalifornie, via Death Valley, toe. 

Langs die pad, net voor mens van US 95 afdraai na Death Valley, maak ons op aanbeveling vol en kry genoeg drinkgoed vir wat voorle. Vir hierdie doel alleenlik stop ons by 'n  interessante plek  met n Alien Centre wat ook buitengewone dienste verkoop-kyk foto  hieronder.

Net hierna ry ons California binne.. ons kan nie glo ons is al so ver nie.

Om by Death Valley Nasionale Park te kom daal ons in die vallei af tot 190 vt onder seevlak met temperatuur van 124 grade F !! ( 51.1111 grade C) teen 15h22. Aan weerskante van die pad is berge met minimale plantegroei, hulle noem dit immers n woestyn. Ons het darem ook n paar duine gesien.

Na Furnace Creek en Stovepipe Wells begin ons styg tot 5940vt maar net daarna daal ons weer tot seevlak ( selfs teen n dalende helling van 9%) waar daar skiellik n groot klomp waterplasse verskyn . Dit moes onlangs baie gereen het.. n ware rare verskynsel vir hierdie streek. 

Uiteindelik begin ons darem weer klim tot uit die vallei tot 5000vt. In die verte kan ons al die Sierra Nevada bergreeks sien met Mt Whitney wat uitstaan , oor die 14000vt hoog. Dit is die hoogste berg van die suidelike 48 state en vorm deel van die Sierra Nevada gebergtes, wat die laaste bergreeks voor die Stille Oseaan is soos ons nou ry.

Ons kom veillig in Lone Pine aan, betyds vir n swem en lekker ete by Mt Whitney Restourant waar mense baie vriendelik was.

Ons is baie trots op die kar wat hom uitstekend gedra en regtig deur sy passies gegaan hetvandag,  buite temperatuur van oor die 50 grade C, 11 myle se aaneen daling met 'n helling van 9 grade, en stywe aaneen opdraendes van 20 myl lank. Die VSA is regtig 'n groot, groot plek.

More wag DV nog 'n nasionale park op ons..Yosemite, wat ons beoog om binne te gaan oor Tioga pas van 9945vt. 

Las Vegas in die daglig. Indrukwekkende geboue maar nie 'n plek waar ons gemaklik voel nie.

Ons het by die Treasure Island hotel op die "Strip" gebly



Mens kan jou verbeel jy is in Venisie-kyk die gondola's en die Rialto brug


Of New York


David Copperfield is saam met ons in die Dorp


Ons stop hier -net vir petrol en drinkgoed- voor ons afdraai na Death Valley


Toe kan ons nie glo wat ons sien nie! Ons het toe nie die toer meegemaak nie!


Kalifornie!! kan nie glo nie.


Die landskap is dor en klip woestyn soos ons daal na Death Valley


Daar is waarskuwings ooral


Death Valley NP



Zabriskie Point, waar mens kan afklim. Hier gewaar ons nie veel mense wat geset is nie-dis net te warm. Hulle waarsku ook daarteen om te lank buite te bly. Ons kar ontmoet sy sussie-kyk mooi.



Furnance Creek Inn en dorpie in die middel van Death Valley




Ons bewys van die buite temperatuur half vier in die middag!


Beroemde "Stovepipe Wells"


Die een woestyn vallei volg op die ander-in hierdie een staan daar water!