Ons het so bietjie laat begin na n gesukkel om n ontbytplek in Vegas te kry (dis vakansietyd en die hele wereld is in Vegas)-maar Denny's het tot ons hulp gekom en is toe so 12h00 uit Vegas weg op pad Kalifornie, via Death Valley, toe.
Langs die pad, net voor mens van US 95 afdraai na Death Valley, maak ons op aanbeveling vol en kry genoeg drinkgoed vir wat voorle. Vir hierdie doel alleenlik stop ons by 'n interessante plek met n Alien Centre wat ook buitengewone dienste verkoop-kyk foto hieronder.
Net hierna ry ons California binne.. ons kan nie glo ons is al so ver nie.
Om by Death Valley Nasionale Park te kom daal ons in die vallei af tot 190 vt onder seevlak met temperatuur van 124 grade F !! ( 51.1111 grade C) teen 15h22. Aan weerskante van die pad is berge met minimale plantegroei, hulle noem dit immers n woestyn. Ons het darem ook n paar duine gesien.
Na Furnace Creek en Stovepipe Wells begin ons styg tot 5940vt maar net daarna daal ons weer tot seevlak ( selfs teen n dalende helling van 9%) waar daar skiellik n groot klomp waterplasse verskyn . Dit moes onlangs baie gereen het.. n ware rare verskynsel vir hierdie streek.
Uiteindelik begin ons darem weer klim tot uit die vallei tot 5000vt. In die verte kan ons al die Sierra Nevada bergreeks sien met Mt Whitney wat uitstaan , oor die 14000vt hoog. Dit is die hoogste berg van die suidelike 48 state en vorm deel van die Sierra Nevada gebergtes, wat die laaste bergreeks voor die Stille Oseaan is soos ons nou ry.
Ons kom veillig in Lone Pine aan, betyds vir n swem en lekker ete by Mt Whitney Restourant waar mense baie vriendelik was.
Ons is baie trots op die kar wat hom uitstekend gedra en regtig deur sy passies gegaan hetvandag, buite temperatuur van oor die 50 grade C, 11 myle se aaneen daling met 'n helling van 9 grade, en stywe aaneen opdraendes van 20 myl lank. Die VSA is regtig 'n groot, groot plek.
More wag DV nog 'n nasionale park op ons..Yosemite, wat ons beoog om binne te gaan oor Tioga pas van 9945vt.
Las Vegas in die daglig. Indrukwekkende geboue maar nie 'n plek waar ons gemaklik voel nie.
Ons het by die Treasure Island hotel op die "Strip" gebly
Mens kan jou verbeel jy is in Venisie-kyk die gondola's en die Rialto brug
Of New York
David Copperfield is saam met ons in die Dorp
Ons stop hier -net vir petrol en drinkgoed- voor ons afdraai na Death Valley
Toe kan ons nie glo wat ons sien nie! Ons het toe nie die toer meegemaak nie!
Kalifornie!! kan nie glo nie.
Die landskap is dor en klip woestyn soos ons daal na Death Valley
Daar is waarskuwings ooral
Death Valley NP
Zabriskie Point, waar mens kan afklim. Hier gewaar ons nie veel mense wat geset is nie-dis net te warm. Hulle waarsku ook daarteen om te lank buite te bly. Ons kar ontmoet sy sussie-kyk mooi.
Furnance Creek Inn en dorpie in die middel van Death Valley
Ons bewys van die buite temperatuur half vier in die middag!




















Bertie jou kamera neem tog mooi fotos ne , maar kry volgende 'n groter overt jig sodat Leonie en ek kan saamgaan.Hierdie tweedehandse kyk raak nou erg.............toe maar grapple, GEniet dit net. Ek GEniet heerlik saam , want gelukkig het ek darem al 'n hele klomp van die plekke gesien.
ReplyDeleteOops daar moes staan groter voertuig
ReplyDelete