Daar is 'n vertoning 14h00 die middag in Tombstone wat ons wil bywoon, en ewe skielik is die tyd baie knap. Gelukkig is Arend aan boord, die spoedbeperking is 80 mpu in Texas, die kar vra al hoeka om behoorlik te ry en wen ons 'n uur van sentrale tyd na bergtyd. Dit klink baie ingewikkeld, en dat was vir beide Arend en ek wel so.
Toe ons teen wat ons dink 13h15 by Tombstone aankom en na die kaartjieverkoop plek storm (met die baie mense hier raak dinge maar uitverkoop, lig die persoon daar ons in dat hulle op "Pacific" tyd is, en die tyd eintlik net 12h15 is. Toe het ons baie tyd vir alles, en ook om tot in Phoenix te kan reis.
Het 600 myl oor die loop van die dag afgele, en die Vader was by ons.
Die reis het ons geneem eerstens na El Paso-al langs die Meksikaanse grens was sooms net 'n paar meter van ons af is. Dan na Las Cruces in New Meksiko, dwarsoor New Meksiko en dan in Arizona in voor ons afdraai na Tombstone. Van Tombstine neem die pad ons na Tucson en toe Phoenix.
Die landskap is interessant, word al meer semi-woestyn soos ons wes ry, met indrukwekkende berge van tyd tot tyd. Die plek het 'n vreemde bekoring. Phoenix lyk na 'n lekker plek om te bly, alles baie netjies in die semi-woestyn en warm. Toe Arend en ek 22h00 van aandete terugkeer is die temperatuur 104 F.
In die loop van die dag gaan ons deur twee padblokkades van die Amerikaanse grenspolisie. By een ondersoek hulle ons Paspoorte.
Die I 10 Wes is vandag (heeldag) ons voorland. Indrukwekkende infrastruktuur.
Die berge is al ver in Meksiko
Snelwee by EL Paso. Baie interessant om die dorp, wat ons al so baie van gehoor het, te sien.
Was nie bewus dat hy van El Paso heet nie!
Van Texas na New Meksiko
Van die goeters wat ook hier in die woestyn bly
Die VSA is ernstig om die integriteit van hulle grense te probeer beskerm
Stofstorms lyk na 'n probleem
Wanneer daar 'n stofstorm is, gebeur dit
Ander tonele oppad
Dis ook mooi vir ons, ondanks die woestyn. (Maar ons weet nie wat kom nie-kyk more s'n)
Ons steek die waterskeiding oor. Nou loop die water wes na die Stille oseaan. (Ons is bietjie stadig om die amptelike bordjie af te neem-Arend ry te vinnig.
Arizona
Tombstone. As kind baie dinge hieroor gelees, sien dit nou. Heel interessant, maar is nou nie meer seker of die Earp's die goeie mense was nie. As enigiemand meer wil weet, "Google" "Gunfight at the OK Corral"
So het die wilde weste gelyk
Arend en Bertie by die OK Corral
Toneelspel van die geveg (Earps en Doc Holiday) aan die linkerkant
Die wereld beroemde begraafplaas by Tombstone, met van sy inwoners en die gebeurtenis wat hulle daar laat beland het, genaamd "Boothill"
Moeilik om te glo, maar die stede op die Weskus begin op die padtekens te verskyn-ons is nou (relatief gesproke) nie so ver van die stille oseaan af nie!
Tussen Tucson en Phoenix
Kaktusse is volop



























No comments:
Post a Comment