Thursday, 18 July 2013

17 Julie 2013. Van Jackson (Tennessee) na Cleveland (Mississippi), via Memphis (Tennessee)

Ry gemaklik met snelweg na Memphis. Wil eers na Graceland (Elvis se huis), en dan die stad verken. Oplaas op die Mississippi!
Dis 'n groot rivier en sentraal in die VSA se opset.
Lekker gekuier by Graceland. Elvis-geen mens kon seker wat faam en fisiese goed aanbetref meer bereik het nie-tog is hy op slegs 42 aan komplikasies tov voorskrif medisyne dood. Dit is vir my duidelik dat hy verslaaf was aan faam, en dit het hom vernietig. 'n Goeie mens met 'n ruim hart, uitsonderlike talent, maar baie hartseer aan die einde en prematuur dood. Die woorde in Prediker 1:1 tot 11 en 12:12-14 kom in my gedagte op.
Memphis se front op die rivier heel interresant, asook die geskiedenis. Baie baie warm toe ek rondstap daar. Herhinner my aan die rolprent "The Firm", maar ek wonder waar al die mense is-baie stil.
Ry toe op US 61 suid na Cleveland (Mississippi) al langs die rivier op die Delta Blues pad, die laaste uur met die dak af. Geniet dit terdeë, baie dankbaar vir die voorreg.

Op pad na Memphis met die rooi kar


Graceland





Het hier by Graceland geeët


Memphis op die groot rivier







Mud Eiland vervoer opset



Musiek temas is oral



Dis opvallend hoe die geskiedenis, ook van die verloorders, 'n plek gegun word. Wanneer leer ons dit in SA? Hierdie standbeeld van Jefferson Davis (President van die Suide wat verloor het) staan sentraal in 'n park genaamd "Confederate Park".


"Delta Blues" US 61 suid al langs die groot rivier. "Home of America's Music" inderdaad!




Môre Dv na Vicksburg en Natchez (Mississippi).
















No comments:

Post a Comment