Friday, 12 July 2013

12 Julie. Van Mt Airy (NC) na Charleston (West Virginia), via Roanoke (Virginia)

Lekker dag met baie afwisseling. Gaan in Virginia in, en ry op die Blue Ridge Parkway vir 'n ruk met die kap af. Absolute wonderlike ervaring. Die Parkway strek oor baie honderde myle en die naam doen die aard van die pad gestand. Dis eintlik onbeskryflik mooi-die foto's doen nie reg nie. 

Doen toe by Roanoke (Virginia) aan vir middagete en besoek  'n museum met die geskiedenis van die westelike gedeelte van Virginia. Kom onder die indruk van die geweldige invloed wat die burgeroorlog 'n 150 jaar terug gehad het-veral ook op Virginia wat deel van die Suide was.

Ry toe deur landelike Virginia en op die West Virginia Turnpike. Dis die regte pad vir die kar, kronkel tussen die Wes Virginia berge deur en beide die kar en ek geniet die ervaring!

Die GPS werk uitstekend-sal nie daarsonder kan klaarkom nie.


Virginia "State Line" op die agterpaadtjie wat ek gery het.


Waar ek by die Blue Ridge Parkeway aangesluit het. Die brug is tipies van duisende sulkes wat op die Parkway voorkom waar dit met gewone paaie kruis.



Dis regtig nog mooier as dit, en met die afslaankap voel mens deel daarvan






Die Amerikaners werk m.i. hard om hulle infrastruktuur te onderhou en te verbeter



Wes Virginia is bergagtig met riviere wat in die Ohio, wat weer in die Mississippi inloop. Selfs hier sien 'n mens groot bote wat op die rivier vaar.


My eetplek vannaand en het ook daar petrol ingegooi











 

No comments:

Post a Comment