Monday, 22 July 2013

20 en 21 Julie 2013. Ry van Lufkin na Houston

Ry rustig Saterdagoggend van Lufkin na Houston. Was bly om weer na al die jare (na 36 jaar) die stad behoorlik te sien-bietjie heimwee-ons het ons tyd hier geniet en ons was jonk. Een ding wat opval is hoe die stad gegroei het en selfs op 'n Saterdagoggend hoe besig die snelwee is. Waar, toe ons hier was, daar net een sirkelpad om die stad was, is daar nou twee met nog een in aanbou! Het baie lekker saam met Bill en Nancy Strange gekuier, en is ook Sondag saam met hulle kerk toe. Angename besoek.

Houston se geboue in die middestad is tweemaal meer as wat dit was toe ons hier was. Foto van die Allen Parkway.


Allen Parkway-van die stad af in die rigting waar ons gebly het aan die Westekant van die stad.


Ons plek waar ons saam met Lady al die jare terug gebly het-Apartment 924, 2777 Briargrove! 
Bietjie heimwee.




Tennisbaan by ons woonstel waar ons so lekker gespeel het en waar ons Lady gekry het, is steeds daar, maar is nou in onbruik


Die parkeerplak van ons eerste nuwe kar 38 jaar gelede. Onthou nog die persoon wat langs ons parkeer het en 'n sondak vir ons kar wou insit1



Die Galleria is nou vyfmaal groter as wat dit was.


Post Oak  Towers, waar Leonie gewerk het word nou heeltemal oorskadu


Die ysskaatsbaan is nog daar, maar geen See's lekkergoedwinkel nie, Leonie. Toe drink ek maar 'n koppie by Starbucks namens die twee van ons.


Bill en Nancy Strange by hulle huis in Noord Houston. Baie mooi voorstad wat half in die platteland was in 1975-hulle bly al 40 jaar daar en die stad het nou verby hulle gegroei. Hulle was baie goed vir my. Uitstaande en goeie mense en vriende.



Aandete saam met Larry en Janice Patrick (Jammer dat die beligting nie mooi werk nie)


Het die kar laat diens vanoggend Was daar toe hulle (Lone Star Ford) oopmaak 7 uur. Neem 90 minute en kos my $34!
Nou op pad na lughawe om Dv Arend te ontmoet. Sien uit daarna om 'n metgesel en navigeerder aan boord te he!
















No comments:

Post a Comment