Tuesday, 16 July 2013

16 Julie 2013. Nashville en ry na Jackson (Tennessee) om daar te oornag. Nog 90 myl Memphis toe.

Baie interessante dag. 

Was vroeg uit en het Nashville per voet van my hotel verken. Eers na Music City (Row)(dink aan die woorde van Kris Kristofferson se liedtjie "To beat the devil"). Opmerking: het nooit geweet dat Kris K 'n "Rhodes Scholar" was nie, voorwaar 'n begaafde man. Toe na die Country Music Hall of Fame en Museum. Wat 'n ervaring as mens na al die bekende liedtjies weer luister! Toe die res van Nashville-soos Broadway-waar al die eetplekke met lewendige kunstenaars is verken. Dit was 'n heerlike ervaring. Nou weet verseker hoekom gese word, Nashville=Country Musiek. Toe redelik rustig na Jackson (Tenn) gery om hier te oornag. Nog omtrent 90 myl na Memphis wat op die Mississippi le. Die val my op hoe besig die Amerikaanse ekonomie is en dat die land beslis besig is om stoom op te tel. Orals word gebou en goeters vernuwe, en kan die mense in die VSA  gras sny.

(Deel van) Music City (Row) in Nashville.





Standbeeld by Music City. Die stad word al meer vir fietse en voetgangers ingerig.





Musiek is orals die tema


Country Music Hall of Fame






Nashville straat tonele





Museum vir Johnnie Cash




Broadway met Tootsies 


Dit was warm vandag! Die YMCA/YWCA doen oral sulke goeie werk. Kan ons nie oor kerkverband heen sulke goed begin nie?


Selfs by die snelweg se rusarea is musiekhelde die tema



More Dv na Memphis.










 









No comments:

Post a Comment