Ons ry via Bishop en Lee Vining oor die Tioga Pas van 9945vt na die oostelike ingang van Yosemite. Na dit is ons aan die weste van die Sierra Nevada gebergtes, die laaste bergreeks voor die Stille Oseaan.
Die rooi vuurwa gedra hom weer goed deur die pas.Die weer is so mooi en die uitsigte nog beter dat ons dadelik toe die pas begin die kap afslaan om ten volle in voeling met die natuur te kom. Ons het op die ou end van 11h00 tot 19h00 met die oop kap gery. Dit was baie lekker al het die son ons, ten spyte van sonbrandolie, 'n bietjie bygekom.
Ons ry heerlik deur pragtige bome en berge.. om elke draai word dit mooier. Ewe skielik kom ons af op n baie hoe piek genaamd El Captan ( hy is so hoog en groots dat ons hom daar en dan bevorder na El Kolonel !)
Ons daal af in die vallei tot by Yosemite Village en Lodge en kry die eerste ( gedeeltelike) blik van die beroemde Half Dome, maar ons is ietwat teleurgesteld.
Ons ry toe maar weer verder tot by die pad na Glacier Point, met die uitsig op "Half Dome".
Daar is n inligtingsbord wat se dit is " One of the most spectacular views on earth" Ons stem altwee saam hulle oordryf nie en is dalk nog konserwatief. Besluit maar self op grond van die fotos.
Omdat ons geen selfoonontvangs gehad het nie kon ons nie n hotelbespreking maak nie en was ons baie bly toe ons by die 2e hotel in Oakhurst bekostigbare ( maar nie goedkoop) akkomodasie kry.
Dit was weer n onvergeetlike dag en die wonderlike dae hou net nie op nie. Ons is baie dankbaar.
More probeer ons DV Sequoia Nasionale Park
Waar ons gisteraand geslaap het.
Die berge by Lone Pine, insluitend Mt Witney (14500vt-hoogste berg in die 48 suidelike state-dws uitsluitend Alaska en Hawaii)
Bishop in die sentrale vallei in Kalifornie-Bertie het herhinneringe
Lee Vining, na 37 jaar is Bertie weer by die dorp
Die aanloop na Yosemite lyk belowend
Ingang na Yosemite via Tioga Pass (9945vt bo seespieel)
Die berge en mere is mooi
Ons eerste blik van "Half Dome"
Die pad loop vir 10'e van myle deur die bome-dis mooi!
Van die berge onder in die vallei
Nou vir die beste deel! "One of the most spectacular views on earth" inderdaad



























Nice man, nice geniet dit so om na die fotos te kyk en die stories te lees.
ReplyDelete