Sunday, 28 July 2013

28Julie 2013. Page (AZ) tot Las Vegas (Nevada) via Bryce en Zion NP inUtah

`Na al die opwinding van gister en eergister het ons n rustige dag verwag...van Page via Bryce Canyon en Zion Nasinale park na die dobbelstad Las Vegas.
Rustig was dit wel maar die asemrowende skoonheid en majestiuese formasies va beide Bryce en Zion het om elke verdere draai ons asems weggeslaan. Die grootsheid van  Zion laat reggeskied aan die naam. As iemand ooit beplan om in die VSA te kom toer moet hulle nie Sedona, Grand Canyon. Monument Valley, Bryce en Zion misry nie. Hulle is almal redelik naby mekaar en beslis van die mooiste plekke wat ons al gesien het!
Ons was gelukkig om n paar donderstorms net net mis te ry maar naby Vegas was daar n groot wind en sandstorm was groter voertuie rondgewaai het ... dit was nie lekker nie!
Vegas is n baie groot en besige stad en nie vir die swakhartiges nie. Hier is wel impossante geboue en baie mense van alle kleure en geure wat almal rondloop en soek na iets!! Ons weet nog nie wat nie? Ons is die egter een dat dit nie rerig "ons koppie tee" is nie en het besluit om net een nag hier oor te bly en erens anders die ekstra dag te spandeer.
More wag daar DV , na  n bietjie later wegspring , nog n Nasionale Park op ons... Death Valley.. (die deurgang na Kalifornie) -ons hoop ons oorleef dit!


Red Rocks Canyon naby Bryce


In Bryce













Die mense van Utah het beslis iets om oor trots te wees



Buite die parke is suidelike Utah mooi en die moeite werd om te sien




Zion NP (wat kan mens se)













Dit lyk regtig so-net veel mooier. Kamera en fotograaf kan dit nie vasvat nie







Verwelkoming in Las Vegas-die wind waai alles weg



Een foto van Las Vegas soos ons arriveer























No comments:

Post a Comment