Friday, 26 July 2013

26 Julie 2013-Grand Canyon

Grand Canyon.. een van die dae waarna ons  met groot verwagting en opgewondenheid uitgesien het. Daar was ook n tikkie onsekerheid en angstiheid want al het ons beide al die Canyon gestap, was dit lank gelede en ons het (bietjie) ouer geword.  

Ons het aanvanklik beplan om met die South Kaibad roete af te stap tot by die rivier  en Phantom Ranch en dan tot by die Bright Angel roete om weer terug te stap boontoe.  Hierdie roete sou ongeveer  17.5 myl ( ongeveer  27km) lank wees met n vertikale  daling van 4000 vt en weer terug. Ons wou graag onder in die canyon oornag maar kon nie plek kry nie. Alhoewel die VSA parkeraad mense dit ten  sterkste afraai om af en op op een dag te stap, wou ons hulle verkeerd bewys!

Soos die dag nader gekom het en almal ons afraai om in een dag tot by die rivier en terug  te stap  het  ons  saam besluit, ook agv van verwagte temperature van diep in die 40 grade Celsius , om bietjie meer konserwatief te wees en  net tot by Indian Gardens  op die Bright Angel roete waar daar water op drie plekke is, te stap. Dit is ongeveer 9.2 myl ( 15km) in totaal, met 'n 6000 vt totale daling en stryging wat 'n totale ekwalente afstand van oor die 30 Km beloop, veral inagname die hitte.

Ons dag het toe uiteindelik soos volg verloop:  

4h45 Opstaan , toe ontbyt by McDonalds wat 24/7 oop is
6h30 Begin stap
9h00 By Indian Gardens 4.6 myl
9h20 Begin terug stap
12h30 Weer terug bo.

Ons was lekker moeg maar dankbaar dat alles goed afgeloop het en is die Here dankbaar dat hy ons gelei het. Dit was weer duidelik dat hierdie "omgekeerde berg" nie sonder groot respek aangepak kan word nie.
 
Ons is albei baie bly dat ons ons planne gewysig het want ons sou nie n addisionele 8 myl kon gestap het sonder slegte nagevolge nie

Bertie maak vir oulaas skoene vas


Die twee van ons by die begin van die roete


Die Canyon in die vroeg oggend


Waarskuwings is volop



Tonele tydens die stap





Dis waar ons vandaan kom en ons is nog op pad af!






Gedeelte van die "Bright Angel" roete en Arend wat asem skep


Indian Gardens-die omdraaipunt



Rustyd op pad terug





Weer bo! (Maar kyk hoe lyk ons skoene)


Tonele later vanmiddag van die Canyon en die Colorado Rivier op die "Hermits Trail" (waar die bus mens af en oplaai)





More le "Monument Valley" Dv voor 





















1 comment:

  1. Baie nice julle twee.Mens kan 'n storm sien aankom op die laaste foto

    ReplyDelete