Op die padkaart kan ons nie mooi sien waar ons die park moet ingaan nie. Ons kom toe agter dat Kings Canyon Nas Park (KCNP) en SNP eintlik een is en 'n gesamentlike ingang het. Ons sien toe sommer 2 parke vir die prys van 1.
In KCNP sien ons die 3e grootste Sequoia boom in die wereld genaamd Genl Grant. Dit is rerig n groot boom (sien fotos ).
Hier ontmoet ons weer n paartjie wat ons gisteraand in Oakhurst by die restourant ontmoet het. ( Kim en Jesse Kinder uit New Mexico. Kim het pas gekwalifiseer as 'n Oor, neus en keel mediese spesialis en Jesse is 'n lektor in Fisika. Ons nuttig middagete saam op die piekniekplek en gesels lekker.) Hulle heet van Albuquerque in New Meksiko en toer deur die weste van die VSA.
In SNP sien ons die heel grootste boom in die wereld. Sy naam is Genl Sherman en is 2200 jaar oud, het n omtrek van 31 meter en is 275 meter hoog! Hy groei nog elke jaar, ekwivalent van 'n 60 vt hoe boom.
Gister het ons n wolf gesien.. vandag n ma beer met n kleintjie , nogal ver tussen die groot bome , maar tog mooi duidelik al is die foto nie so skerp nie.
Om uit die park uit te kom ry ons omtrent 45 myl met 'n baie kronkelende pad, deur 1000e groot bome en daal van 7000 vt na 1000 vt. Bertie moes eers n bietjie van die pad aftrek om sy gesig te was.
Buite die park ry ons nog omtrent 80 myl waarvan 'n groot gedeelte weerskante beplant is met lemoen, neute en olyfbome.
Ons slaap vanaand in die Sequoia Inn ( nogal gepas) in Hanford (Ca). Ons kan al amper die Stille Oseaan ruik.. ons het Dv nog net 110 myl om te ry voor ons daar is.
Droe voetheuwels van die Sierra Nevada gebergtes voor Sequoia
Parkingang
Groot, groot bome
Kim & Jesse Kinder met hul mobile blyplek en ryding
Die pad tussen die bome deur
Plaaslike inwoners geniet 'n drankie in die eetplek by Wuksachi saam met die ander gaste
Genl Sherman boom
Die omtrek van Gen Sherman is presies soos die "blokkies"
plafeisel" waar Arend in die middel van staan op die foto hieronder!
Waar woorde deur die Parkeraad aangebring by Genl Sherman, en ook in stemming met die volgende. "Do not hurry, do not worry, we are only here for a short stay. Always stop, bend down, and smell the flowers"-(Anon-maar Charlie Bez (oorlede oud kollega van ons) was baie lief om dit te se).
Lewende plaaslike inwoner
Die pad af (na die suid uitgang van Sequoia NP ) is was regtig veeleisend gewees, en ons het al baie bergpaaie in ons lewe gery






















Ai, ai die plek is darem divers ne, en mooi. Julle kry 'n wonderlike ondervinding. Groete en geniet
ReplyDelete