Wat nodig is vir goeie Bourbon is baie graan (mielies), geskikte water, wit eikehout vir die verouderings vate en groot temperatuur wisselings oor die verloop van 'n jaar. Het by die Heaven Hills Bourbon plek aangedoen op aanbeveling van Henk en Louise. Dit was 'n goeie besluit. Het saam met drie ander mense 'n toer gehad en aan die einde van die toer geproe.
Geboue (spesiaal ontwerp) waar die produk verouder
Hulle brand die binnekant van die hout waaruit die vate, waarin die gedistileerde produk verouder,gemaak word! Dis 'n kuns om dit net reg te doen en verskaf die kwalitiete wat mens blykbaar in Bourbon wil he!
Het by Hodgenville aangedoen. Abraham Lincoln is daar gebore en het van sy kinderdae daar in die omgewing spandeer.
Herkonstruksie van die huisie waar Lincoln gebore is
Kon dit nie glo nie. Op pad huistoe na inkopies. Dink dis Qaukers (wat nie nuwerwetse vervoermetodes gebruik nie). Ek sien die padteken wat vir perdekarre waarsku, en om die volgende draai kom ek toe die tee.
By Bowling Green, waar die Corvette's gemaak word, by die museum aangedoen as die tweede stop. Dis ook mooi karre, maar die Mustang is vir my mooier.
Roy Orbison se Corvette-aangesien ek pad Nashville toe is
Gaan Dv net op 'n klein gedeelte van Route 66 ry
















No comments:
Post a Comment