Tuesday, 23 July 2013

22 en 23 Julie 2013. Houston Lughawe na Austin, en van Austin na San Antonio en vandaar na Van Horn, Wes Texas

Vertrek van Bill en Nancy se huis na die kardiens, en ontmoet Arend op lughawe soos ons beplan het. Goed om Arend te sien-dit is vir my wonderlik dat die wereld tegelyk so groot, en so klein, is! Reis dan na Austin. Aandete in middestad van Austin en ry met die kap af-lekker. Vir die eerste keer kry ons reaksie van 'n mooi meisie agterop 'n motorfiets wat aandui dat sy van die kar hou-seker omdat Arend nou ook in die kar is. Sien vanoggend LBJ biblioteek by die Universiteit van Texas by Austin-dis interresant hoe tyd die interpretasie van sy bedrae verander. Soos tyd verloop, word LBJ se prestasies net meer merkwaardig. Ek verstaan nou beter waarom. Reis toe na San Antonio en sien die Alamo en die kanale. Baie interressant. Druk toe deur na Van Horn, Texas sodat ons more Dv gemaklik vir Tombstone Arizona kan haal in tyd vir die herlewing van die drama by die OK Corral (Earp broers) wat om 14h00 plaasvind. Le omtrent 550 myl vandag af.

Die pad deur Wes Texas begin al hoe meer soos SA lyk. Dit help baie dat Arend ook bestuur en dit verleng ons daaglikse reikwydte dramaties.

Arend veilig aangekom by George Bush Intercontinental Lughawe, Houston. Hy praat met Annelies.


Arend se hy hou van die kar


Petrolverbruik vir s'n grrot enjin is goed, maar met die myle wat ons nou afle, moet daar gereeld ingegooi word.


Arend, met die kap af, In Austin


Texas Wetgewer se gebou in Austin (Capital). Let op die twee vlae-die van die VSA, en die van Texas



LBJ biblioteek van buite



Tonele van die Universiteit van Texas, by Austin, se kampus. Die Voetbal span se naam is die Longhorns




Kampus met Austin middestad in die agtergrond. Sedert ons besoek in 1976 het dit baie groter geword


Austin middestad


Die strook tussen Austin en San Antonio is aaneen gebou en die verkeer besonder druk. Verbaas ons en bevestig hoe groot die VSA is


San Antonio, die Alamo, die kanale en ander tonele





Middagete by die kanale, en ons doen somme oor hoe ver ons vandag moet probeer ry.


Bedelaars van San Antonio by die etenstafel


Olie is groot in Texas. Stukke van die boorpyp word met vragmotor vervoer


Teestelling-Olie en wind energie langs mekaar



Kronkelpad (kyk GPS) deur Wes Texas (maar nie oninterressant)


Die snelwee is uitstekend!





Aandete by Van Horn, Wes Texas
































1 comment:

  1. Sjoe maar julle het ver gery gister, maar gelukkig gaan julle darem nie elke dag amper , 1000km hoef te ry nie, ne.Maryke wou weet of dit warm(lees , baie warm) is.En Arend hoe voel dit om so n sportmotor te bestuur?

    ReplyDelete