Saturday, 27 July 2013

27 Julie 2013. Grand Canyon na Page (AZ), via Monument Valley

Voordat ons oor vandag rapporteer, eers 'n terugblik na gister met wat ons nou weet.

Aan die einde van ons op stappery gister het ons gesien die weer pak dreigend saam, maar die son het nog geskyn toe ons hotel toe is om te gaan stort, ons skoene en klere skoon te maak van die stof en 'n bietjie te rus. Toe ons na twee ure buite kom om terug te gaan om uitkykpunte te besoek, was die kar nat maar ons het geen onraad gemerk nie. By die "Village" gekom was daar tekens van baie reen en hael, en was van die paaie toe en die Parkeraad besig met opruimingswerk. Vandag lees ons in die hoofberig van die "Arizona Daily Sun" dat daar in die Conton gistermiddag 2 duim reen in 'n uur geval het en dat deel van Indian Gardens, waar ons omgedraai het, deur 'n 8 voet hoe golf van water byna weggespoel het. As ons wel tot by die rivier gestap sou ons in groot moeilikheid gewees het.

Vandag was ons hoofdoel om "Monument Valley" te besoek. Op pad het ons uitkykpunte op die oostelike deel van die suidelike eskarpment besoek. Monument Vally was 'n belewenis wat mens o.a laat terugdink aan die John Wayne flieks.

Ons slaap vanaand by Page wat by die Glen Canyon en Lake Powell is. Die meer stoot 189 myl terug en dam die Colorado rivier op.

Wat kan ons se-ons het vandag soveel wonderlike goed gesien wat mens 'n leeftyd kan hou-ongelooflik. Baie dankbaar vir die geleentheid om dit te kan ervaar!

In die tonele wat volg, moet 'n mens die stelling voordurend in gedagte hou!


"Grandview", inderdaad.








Bootjies wat op die rivier vaar-maksimum zoom op die kamera. Daar is vyf


Heel oos op die suidelike eskarpment is Desert View



Tussen Cameron en Kayenta lyk die pad stuk stuk soos by Walvisbaai. Dit word nou regtig woestyn.


Monument Valley se begin. Laat die foto's die praatwerk doen.













John Wayne se "W" (Foto van 'n foto wat in die winter geneem is)


En hier is John self


Verdere tonele in Monument Valley




Ons was vandag van Arizona na Utah, en weer terug na Arizona


Die Glen Canyon dam in die Colorado rivier en Lake Powell by Page in Arizona. Dis barre woestyn om die water en die kontras is 'n ongelooflike gesig.



Tower Butte teen sonsondergang van oorkant die water. Kyk die bootjie om perspektief te gee.


Marina op Lake Powell


Net voor die son oor die woestyn en water sak.


More Dv na Zion en Bryce NP in Utah en dan na Las Vegas





 






























1 comment:

  1. Bertie: Die fotos is uitstaande en Louise en ek het klaar besluit dat ons die "Bertie roete" op ons "bucket" lys plaas!

    ReplyDelete