Sunday, 14 July 2013

13 en 14 Julie 2013-Charlestown (West Virginia) na Louisville (Kentucky)

Aankoms in Kentucky. Geleidelik verander die berge in golwende landskap soos mens wes beweeg.


Besluit om na Louisville te ry via Fort Knox. Was by die plek waar hulle die goud bere, maar kon nie foto neem nie omdat dit verbied word. Teleurgesteld. Patton Museum by Fort Know interresant, maar minder goed as verwag.


Colin Powell se baie goeie advies


Henk het met die dak af saamgery en my Louisville gewys. Baie lekker middag en aand met Henk en Louise


Orals word gebou, ook in Louisville


Tipiese Kentucky toneel


Ohio rivier met die middestad van Louisville in die verte. Die grootte van die rivier, slegs 'n sytak van die Mississippi, beindruk.



Louisville is vir mense ingerig


Wereldberoemde Churchhill Downs







Deel van Louisville wat soos Melville herontwikkel is



Starbucks koffie saam met Henk op sypaadtjie


Henk en Louise by hulle woonstel


Het een van die lekkerste biefstukke van my lewe by Stoney River Restaurant geeet (regtig)( "Coffee marinated steak"). Dis 'n advertensie as iemand in Louisville is. 

Louise met die nagereg. Ons het darem nie alles opgeeet nie en Henk hulle gaan nagereg vir die week he.



More Dv na Nashville (Tennessee) via Bardstown en die Corvette fabriek by Bowling Green.












 




 

1 comment:

  1. Bertie
    Ek het so pas klaar opgevang met al jou wedervaringe tot hede in die VSA. Dis regtig 'n wonderlike ervaring wat jy vir jouself skep. Ek het groot waardering vir die beskrywings wat jy so getrou byhou. Mens beleef die reis so saam met jou. En sal jy nie bly wees in die jare wat voorle vir die goeie dokumentering nie. Mens kan mos nooit alles onthou nie en op die manier sal jou geheue verfris word selfs al begin die Alzheimer probleme oor so 'n paar jaar pla.
    Voorspoedige verdere reis.
    Meiring

    ReplyDelete