Friday, 19 July 2013

19 Julie 2013. Verken Natchez (Mississippi), en reis daarna dwarsoor Louisiana na Oos Texas, slaap daar by Lufkin

Begin vandag om Natchez te verken. In die dae voor die burgeroorlog was Natchez een van die rykste gemeenskappe in die VSA. Was 'n belangrike handelsdorp aan die Mississippi. Ekonomie gegrond op die groot katoen plase (planatations) wat deur slawe arbeid aan die gang gehou is. Baie geskiedenis hier wat goed bewaar is.

Reis (dwarsoor sentrale Louisiana dmv kleiner agterpaadtjies) was baie interresant. Groot landboubedrywighede (weer), en die olie en natuurlike gasinstallasies wat ek van vergeet het sien mens baie van. Ry deur dorpies wat baie min mense al van gehoor het-o.a. Archie, Jena, Winnfield, Campti en Mansfield. Bly ek het vandag van die "Interstate" hoofwee af gebly. 

Voel vir my lekker om weer in Texas te kom.

Natchez se stigting



Tonele van Natchez en 'n Mississippi stoomskip wat nou as 'n dobbelplek dien.



Die Mississippi by Natchez



Tonele van die plantasie "Melrose" by Natchez. Baie van sulke plekke gelees. Die base het baie goed gelewe en die slawe het hard gewerk








Die grens tussen Louisiana en Texas. Na al die jare verbeel ek my ek voel (weer) tuis hier.





More Dv na College Station en dan na Houston. Het 'n vol naweek met al die vriende voor, en Maandag laai ek Dv vir Arend op. Opgewonde oor dit alles. Die kar ry uitstekend-het 'n afspraak gemaak om hom Dv Maandagoggend vroeg te laat diens.







 


1 comment:

  1. Toe Ons in 2010 weer Denver inry het Ons, Ons ook verbeel Ons is weer tuis so ek weet presies hoe jy gister gevoel het toe jy Texas ingery het.Arend sien baie uit en ek sommer vir hom hoewel ek tog ook graag, baie graag wou saam gegaan het.'n US penvriendin stel op die laaste nippertjie n Klein sleepwaentjie voor maar ek dink 'n sleepwa agter die rooi Mustang Cabriolet gaan nie goed afgaan by jou nie..............,haha

    ReplyDelete