Thursday, 25 July 2013

25 Julie 2013. Phoenix na Grand Canyon via Sedona

Werklik uitstaande dag.

Begin met ontbyt saam met Mervyn McCulloch en Jenny. Na al die jare was dit regtig lekker om hulle weer te sien, en ons gesels lank en uitgebreid. Hulle kuier by hulle seun in Phoenix, en is more weer op pad terug na Indio, California, waar hulle bly. Medalje aan Arend wat verseker het dat ons wel by mekaar uitkom. 

Mervyn en Jenny stel voor ons moet by Sedona aandoen op pad na die Grand Canyon, en dit is een van die beste stukkies raad wat ons in 'n lang tyd ontvang het-kyk die foto's. As 'n mens in die geweste is en jy mis Sedona moet jy jouself skop. Beide Arend en ek was al baie plekke in die wereld, en Sedona is "right up there". Sou graag meer tyd daar wou spandeer-golf en fietsry lyk goeie opsies.

Toe uiteindelik, die Grand Canyon, wat kan mens se behalwe om die dink aan jou nietigheid en die Skepper se almag!

Moeilik om te glo die stille oseaan is binne bereik!


Uitstaande ontbyt met Mervyn en Jenny


Jenny en Mervyn hou van die kar


Mervyn het die Departement van vervoer gese sy nommerplaat is die voorletters van sy kinders. Jenny se kar se nommerplaat is dieselfde, net "..1"


Op pad van Phoenix


Naby Sedona begin dit onbeskryflik mooi word! 1000% "Scenic" 















Noord van Sedona op pad na Flagstaf


Naby, en by die Grand Canyon!




Ons sien uit na die stap more!























1 comment:

  1. Dit is verskriklik mooi.Ek wil ook weer soontoe gaan?Daai vervoermense het "gatvol" nie sien kom nie ne.....hahaha

    ReplyDelete