Voor ons vertrek vanoggend het ons eers die kar laat was-hy moet darem ook aandag kry
na al die harde werk die afgelope maand.
Ons ry vanaf Hanford rigting die Stille oseaan via Kettleman City en San Luis Obispo tot by Morrow Bay waar ons die see (Stille Oseaan) die eerste keer sien en ruik en sluit aan by die beroemde High way 1 wat noord gaan. Morrow Bay is n pragtige kus dorpie waar ons bietjie rondloop.
Toe verder noord via Cambria, Ragged Point, Big Sur tot by Carmel-by-the-Sea. Ons is net betyds om die pragtige sonondergang oor die oseaan wat wes le te sien.
Ons ry 'n gedeelte van die pad met die kap af op die kronkelpad ver bo die see met die kar wat soos 'n ware sportmotor soos 'n neut stabiel om die baie draaie klou-laat ons jonk voel!
Soos veel ander dae het die dag vinnig verby gegaan en was dit 'n belewenis.
Ons het net 230 myl ver gery maar ons was besig van 9h00 vanoggend tot 19h30 vanaand en het weer elke oomblik geniet. Die temperatuur het baie gedaal. Gister was die lugverkoeler in die kar en kamer aan vanaand dra ons altwee baadjies en die kaggel in die kamer is aan!
More begin ons hopelik met die beroemde Monterey se 17 "mile drive " en Pebble Beach as die mis ons nie kniehalter nie. Jammer ons gaan nie gholf speel nie ..net kyk.
Op pad na San Luis Obispo
Kerk en toneel by San Luis Obispo





















No comments:
Post a Comment