Besoek gym en swem vroeg.
Daarna nuttig ons 'n baie lekker ontbyt aan huis by Louis en Lydia, asook saam met Arend en Natalie.
Ons geniet die kuier terdee.
Op pad daarheen sit Leonie en ek weer vas in die verkeer in Vancouver se middestad-dit was nou 2 uit 2.
Arend vertrek vroeg om met 'n watervliegtuig Whistler toe te vlieg-sien daarna uit om te hoor hoe hy dit geniet het.
Na vertrek van Louis en Lydia se huis doen ons by die onderste kabelspoorstasie van Grouse Mountain aan. Op die ingewing van die oomblik (dis my voorstel), besluit ons om Grouse Mountain gou op te loop. By die beginpunt sien ons al die atletiese jongmense wat die tog gaan aandurf besig om te strek ens. en vind dit vreemd. Ook sien ons kennisgewings dat afloop van bo-af nie toegelaat word nie-mens MOET die kabelspoor af neem.
Nou verstaan ons. Die Grouse Grind is 2.9km lank, styg 850m teen 'n helling van 30-50 grade. Dis omtrent reguit bergop, en die voetpad is maar rof met oneweredige reuse klippe om oor (en op) te klouter. Ons het die moeilikheidsgraad totaal onderskat, en kom pootuit bo met Leonie wat 'n hele entjie voor my klaarmaak. Ek kom agter ek sal nog baie aan my fiksheid moet werk!
Daarna vertrek ons Whistler toe en die 100km reis is gou klaar met die baie natuurskoon op pad-berge, mere, bome en 'n uitstekende pad wat vir die Winter Olimpiese Spele gebou is.
Whistler lyk heel anders in die somer as in die winter, maar dis ook baie mooi.
Ons gaan slaap Saterdagaand baie moeg.
Ontbyt saam met Louis, Lydia, Arend, Natalie en Leonie-geneem van Louis hulle se stoep. Kyk die uitsig!
Die uitsig oor Vancouver vanaf Louis en Lydia se huis
Die Lions Gate brug van Louis hulle se huis
Lydia, Leonie en BXPT88 voor Louis en Lydia se huis
Die begin van die Grouse Grind-wat ons totaal onderskat het
Ons begin agterkom dit gaan nie maklik wees nie!
Leonie suksesvol bo-kyk die uitsig!
Van die inwoners het Leonie verwelkom
Bere kom volop in die omgewing voor
Die Grouse Mountain kabelspoor. Dankbaar het ons met hom af gery
Die pad na Whistler
Aankoms by Whistler-dit lyk heel anders in die somer.
Tonele in Whistler Saterdagaand















No comments:
Post a Comment