Friday, 16 August 2013

16 Augustus 2013. Lake Louise na die "Columbia Icefield" en terug

Ons ry vandag met die "Ice Highway" noord van Lake Louise en heelpad in Nasionale Parke (Banff en Jasper) rigting Jasper. Ons ry tot by die "Columbia Icefield" (die grootste gletser in die ysvelde hier) en terug.

Die pad loop tussen die berge, mere en bome deur en daar is, selfs na die afloop van somer, nog honderde gletsers te siene. Hulle se dis een van die mooiste paaie wat mens kan ry. Leonie en ek stem saam-kyk maar die foto's en beoordeel self.

Terug in Lake Louise, verskuiwe ons van verblyf na die "Post" hotel in Lake Louise. Dis regtig 'n aangename hotel wat op 'n Switserse model bedryf word, en beide Leonie en ek het spesiale herhinnerings  aan ons verblyf daar, insluitend 'n baie lekker aandete!

Die Kanadese Rockies, die mere en bome op die "Ice Highway". Die Foto's spreek vanself, dink ons.










Die "Columbia Icefield". Die grootste gedeelte kan mens nie van die pad af sien nie.












Leonie by die Mounties



Die pad terug na Lake Louise







By Bow Lake, op pad terug na Lake Louise



Swart beer, wat ons baie mooi gesien het, maar ongelukkig is die foto nie so duidelik nie



Die Hotel Post







Leonie by die Bow Rivier by Lake Louise



Uitsig op die Rockies van die Hotel Post






No comments:

Post a Comment