Daarna ry ons so 10 myl verder na Muir Woods waar daar baie groot Redwood bome is. Dit was nogal koel maar gelukkig het die son uitgekom voordat ons in Napa kom.
Napa is n pragtige skoon mooi uitgelegde wyndorp aan die begin van die wereldbekende Napa vallei van letterlik 100e wynplase. Hulle se daar is 350!
Ons sien pragtige wynplase en stop by Signorella wynplaas waar ons wyn proe ( 4 soorte) en n kaasbordjie eet. By die swembad drink Arend bietjie wyn en Bertie eet (want hy moet nog bestuur). Geniet die ervaring terdee.
Ons ry uit die vallei so 30 myl verder tot in Cloverdale waar ons afpak vir die aand . Ons is net betyds vir n vinnige oefensessie in die gym en daarna aandete by Meksikaanse restourant El Molcajete.
More beplan ons oa om Redwood Nasionale Park te besoek en om Dv Oregon binne te gaan
Lombard Straat (the most crooked road in the world)in San Francisco, en die rooi kar
Strate van San Francisco
Golden Gate brug in die mis op Saterdagoggend. Die seslaan pad oor die brug is steeds besig
San Francisco van die Golden Gate brug
Alcatraz, in die middel van die Baai
Tonele van Muir Woods (waar die groot Redwood bome voorkom). Die Redwoods groei hoer as die Sequoia, maar eg is veel dunner in omtrek.
Die stad Napa in die Napavallei
Orals is daar wynplase waar mens kan aangaan om wyn te proe
Wynplaas waar ons aangedoen het
Wynproe en kaas by die swembad onder die sambreel. Dis die lewe!






















Lyk of daar baie mense op die "most crookedest"straatjie geloop het.En is daar kosmos langs die pad?Lyk my julle het Alcatraz ook n mis gegee. GEniet dit maar terdee
ReplyDelete