Na ontbyt ry ons Grants Pass uit en al vinnig is ons weer in die berge en tussen die bome. Na so 30myl kry ons al die rigtingaanwysers vir Crater Lake en begin weer klim na die berge om die krater wat omtrent 8000 vt hoog is.
Die krater wat gevorm is a.g.v. vulkaniese uitbarstings wat 7000 jaar terug begin het, is 'n ongelooflike gesig en die helderheid van die water is duidelik sigbaar ( wat gemeet is tot 'n diepte 140 vt) , al is daar nog heelwat rook in die lug waarna ons gister verwys het). By die krater val daar in die winter gemiddeld 44 vt sneeu !!!! met n maksimum van 73 vt 'n klompie jaar gelede. Die meer is omtrent 5.5 myl in deursnit en is die diepste meer in die VSA , op 1943 vt.
Ons het die grootste gedeelte van die sirkelroete van 33 myl gery en by 'n hele paar van die uitsigpunte gestop vir besigtiging en fotos, o.a. Sinnott Memorial Overlook, Phantom Ship, Cloudcap, Cleetwoods ea. Sien fotos hieronder.
Ons het die park by Noordelike uitgang uitgegaan en toe eers oos deur Sutherlin waar ons middagete eet bestaande uit 'n burger en koffie (X2) vir net $7.
Ons is toe met Interstate 5 tot by Albany vir oorslaap. Langs die pad sien ons weer baie pragtige waterstrome tot net voor Albany waar ons wyer oop gebiede kry met plase.
More beplan ons DV om nog n entjie noord te ry en dan weer wes tot by die see en dan weer noord-oos om so na as moontlik aan Mt Rainier NP te kom.
Dis soos Oregon vir groot dele lyk-pragtig
Crater Lake NP se ingang
Uitsig op Crater Lake Van Rim Village
Kyk net die helder water-word byna uitsluitlik deur sneeu en reen gevoed
Phantom Ship outlook
Uitsig van Cloudcap uitsigpunt-7845vt bo seespieel
Die pad wat ons van Crater Lake gery het-baie water en "Rafting" geleenthede
Dis hoe dit lyk!!
Ons het die pad vir ons self gehad, tot ons gestop het by mense wat ook die bylewenis geniet het wat toe 'n foto van ons neem


















Pragtige fotos weereens.
ReplyDeleteSo julle sien kans vir nog baie myle.Arend s'n is amper op 'n einde maar Bertie jy het nog ver om te gaan.Gelukkig sluit Leonie amper by jou aan.