Friday, 2 August 2013

2 Augustus 2013. Carmel-by-the-sea na San Francisco via 17 "mile drive"

Die Monterey 17 mile drive se begin punt was naby ons hotel en al gou was ons by die beroemde Pebble Beach golfbaan van Amerikaanse Ope faam.

Die mense daar is baie vriendelik en laat alle besoekers hulle gang gaan. Ons loop vir 2 1/2 uur lekker rond en bekyk omtrent 10 gate van die indrukwekkende baan. Ons het op 'n staduim daaraan gedink om 'n rondte te speel, maar teem $495 per rondte per persoon is dit bokant ons vuurmaakplek!

Na die baantoer ry ons verder met 17 mile drive en toe verder Noord met Highway 1. Ons ry verby Marina en Watsonville , waar daar weer baie groente en vrugte lande langs die pad is en baie gasarbeiders wat help om oes in te samel. 

By Santa Cruz kry on nogal verkeer en koop ons vars kersies en vye by n padstal. Verder ry ons verby Half Moon Bay tot by Lombards Motor Inn in San Francisco nadat ons ook heelwat Vrydagmiddag stadsverkeer gekry gekry het

Al was dit koud,  skyn die son en ons gaan dadelik Golden Gate Brug toe. Dit is weer n ongelooflike
gesig. Ons besluit , ondanks wind en koue, om halfpad oor die brug te stap  en toe natuurlik weer terug.

Daarna Fishermans Wharf toe om te gaan eet. Tydens ete kom ons agter die pas van die afgelope aantal dae was hewig en die slaap min so ons altwee  is bietjie moeg. Ons is toe maar terug hotel toe vir ons daaglikse admin.

Vir more beplan ons DV ontbyt in Sausalito en daarna Napa se wynvallei!

Waar ons gisteraand geslaap het


Pebble beach Golfbaan se kenmerkende teken


Die 18de gat op Pebble Beach golfbaan


Tonele van die golfbaan




Carmel-by-the-sea is langs  Pebble Beach Golfbaan



7de Gaatjie is spesiaal


Dis nie net die rondtes golf wat duur is nie


Tonele van die 17 "myle drive" 




Die golf gaatjie wat ek na al die jare nog onthou!


Baie vrugte te koop langs die pad na SF


San Francisco



Tonele van die Golden Gate Brug




Ons verlang huistoe en  ondersteun mekaar so dit was darem nie nodig om die noodlyn te bel nie



Fisherman's Wharf is maar besig









 


















No comments:

Post a Comment