Vandag is ons eerste vol dag in Yellowstone.
Die rook van die veldbrand net suid van Canyon Village, (waar ons bly) hang swaar in die lug wanneer ons opstaan.
Ons ry vandag die noordelike sirkelpad van Canyon Village na die Tower Falls, dan na Mammoth Hot Springs, en dan suid na Old Faithful via Norris en Madison.
Die park is gelee op 'n redelike onlangse (hulle se slegs 640 000 jaar gelede) vulkaniese uitbarsting, waarvan die aktiewe tekens orals te siene is. Dit is inderdaad 'n besondere plekl, en een van slegs 'n handvol oor die aardbol. In die woorde van die Amerikaanse Nasionale Parkeraad is die park 'n "geological smoking gun".
Ons kom die namiddag laat (teen skemer) by Old Faithful aan, en sy skedule is sulks dat hy eers weer na donker lostrek. Ons probeer foto's neem, maar dis onsuksesvol. Sal dus Dv more weer moet terugkom.
Eet lekker aandete by die Old Faithful Lodge en ry laataand in die donker, met die kap af, die ongeveer 60 myl na Canyon Village. Probeer, met Leonie se baie sterk aanmoediging, om by die snelheidsgrens te hou sodat ons geen dierelewe in gevaar stel nie.
Die wand van die vulkaan. Kyk die rook van die veldbrand net agter die bome.
Tower Falls
Die Yellowstone rivier by Tower Falls. Kyk mooi hoe vang die mense vis
'n "Bison" (weet nie wat die Afrikaanse woord daarvoor is nie)
Middagete by 'n mooi stroompie tussen Tower Falls en Mammoth Hot Springs
Mammoth Hot Springs is waar die termiese aktiwiteit bo die grond verskyn.
Tonele by Mammoth Springs. Die water kokend warm en mens ruik die swael
Glo dit of nie, daar is lewende organismes wat in die warm water floreer
Bertie en vriend by winkel in Mammoth Hot Springs. Leonie se ons lyk na mekaar.
Termiese poele by die 'Norris Geyser Basin"
Uitsig oor die Norris Geyser area. Die wereld se grootste geyser-Steamboat-is hier, maar mens kan nie voorspel wanneer hy gaan blaas nie. Die laaste keer was in Mei-maand, 2005.
Dis al wat ons van Old Faithful kon sien toe ons skemertyd daar aankom



















No comments:
Post a Comment