Ons ry eers vanaf Windsor na Niagra wat omtrent 375km is. Die pad is meesal oop en stil tot mens London (OT) verby gaan en nader aan Toronto kom. Daar is talle windkrag turbine plase langs die pad (maar nie soveel as in Minnesota nie). Die spoedbeperking in Kanada van 100 km per uur frustreer bietjie op so 'n oop pad.
Ons benader die valle met die Niagra Parkway en die kommersialisering van die hele omgewing is omvangryk en die ouderdom daarvan getuig van beter dae. Die omgewing lyk bietjie "oud" en afgesloof. Die valle self-ons het eers geeet terwyl ons wag dat die reenbui ophou- is heel indrukwekkend.
Daarna doen ons by Gary en Christine Vernon se huis in Oakville aan, em aanvaar hulle uitnodinging vir ete. Na ete ry ons nog so 90 kms om aan die ooste kant van Toronto te slaap en sodoende moreoggend die verkeer stad toe vry te spring.
Die valle van die restaurant waar ons geeet het









No comments:
Post a Comment