Ons ry meesal met die snelweg, maar net voor Kingston (wat aan die oostekant van die Ontario meer le, en by die westelike deel van die St Lawrence seeweg) begin ons van die landelike paaie ry. Dis mooi en mens kan die see duidelik ruik.
Hier is baie geskiedenis, waar die mense in die destydse Amerika in die laat 1700's wat lojaal aan die Britse Kroon in die destydse Amerikaanse Vryheidsoorlog was, na Kanada gevlug het. Van die agterpaaie wat ons vandag ry, word juis na die "Loyalists" vernoem.
Hierdie deel van Kanada herhinner mens sterk aan Engeland, met die Koninging se naam wat prominent voorkom-selfs van die snelwee is na haar vernoem. van die dorpies het ook 'n Engelse voorkoms.
Ons ry langs die skeepskanaal (wat mens nie kan sien nie) tot by Gananoque met die dak af, waar ons weer noord draai om by die snelweg na Ottawa aan te sluit.
Ons eet vannaand lekker saam met Colin (Colin is oorspronklik 'n Nieu Seelander wat vir Deloitte in Kanada gewerk het en met wie ons nou in SA mee saamgewerk het) en Phyllis Potts in Ottawa en praat oor baie dinge, insluitend Rugby, SA en Nieu Seelandse wyn, en mense soos Andre Clow wat ons mee saamgewerk het. Die spesiaal en 'n voorreg om gedagtes met so 'n goeie oudkollega en vriend soos Colin-hulle te kan deel.
Die Sg "Loyalists" Parkway-kyk die kroon.







No comments:
Post a Comment