Vandag het ons, ons stapskoene aan.
Die eerste roete wat ons stap is die ongeveer 16 km (heen en weer) met die "six glaciers" staproete wat by die Fairmont Hotel aan Lake Louise begin en waar mens half in 'n amfiteater van hoe, hoe berge instap en jou gou tussen die gletsers bevind. Net voor die einde (so 2km) is daar 'n berg restaurant waar mens iets te ete en te drinke kan kry. Die roete is nie te moeilik nie, en ons geniet dit albei geweldig.
Die roete neem ons 'n goeie 4-5 ure, en laatmiddag ry ons na die ander meer wat bokant die dorpie Lake Louise le, lake Moraine. Die kleur van die water is ontsettend mooi asook die berge en gletsers, en ons stap vir 'n hele lang ruk sover ons kan kom langs die meer se oewer af soos die son sak
Laatmiddag, en vroeg aand, ry ons tussen die berge met die motor se kap af en die wind in ons hare-dis regtig spesiaal.
Ons sluit die dag af deur by Lake Louise se spoorweg stasie, wat nou grootliks in 'n restaurant omskep is, te gaan eet.
Al wat Leonie en ek se is dat die Kanadese Rockies 'n indrukwekkende plek is wat mens laat klein voel. Dis beslis die baie ver pad wat ons gery het, werd!
Verwelkomings kennisgewing by Lake Louise
Lake Louise en Leonie-albei pragtig
Dis beer-wereld die, en orals waarsku hulle mens
Dis egter al diersoort wat ons gesien het
Ons vat die padberg op en begin om die meer stap
Die Victoria Gletser by Lake Louise
Die Fairmont Hotel en die ski pistes by Lake Louise, gesien van die Ses Gletsers staproete
Die Victoria, en van die ander gletsers, waar die voetpaadtjie eindig. As jy wil verder gaan moet jy jou vasmaak en het ook crampons nodig. Dis bruin ys onmiddelik aan Leonie se regterkant onder
Die voetpaadtjie gaan deur klomp bosse
Die teekamer by die ses gletsers staproete
Die blomme voor die Fairmont Hotel met die berge in die agtergrond
Op pad na Lake Moraine by Lake Louise. Die Kanadese Rockies is indrukwekkend
Pragtige somer blommetjies (X2)
Lake Moraine-dis regtig so mooi-die berge, die ys en die kleure.
Leonie maak haar voete nat. Dis maar koud
Ons eet aandete by die ou spoorwegstasie by Lake Louise-die spoor is die Trans Kanada spoorweglyn wat steeds besig is.





















No comments:
Post a Comment