Thursday, 15 August 2013

15 Augustus 2013. Lake Louise en wit water ry op die Kicking Horserivier

Vanoggend stap ons 'n verskillende roete rondom Lake Louise. Die roete gaan na Lake Agness via Mirror lake, en 'n mens kry 'n ander uitsig op die meer. Die paadtjie is nogal besig. Ons maak die heen en weer roete klaar in 2 en 'n half ure.

Daarna gaan ons "White Water Rafting" op die Kicking Horse rivier. Ons is deurnat en Leonie sit heel voor en word waarskynlik die meeste onder gedompel, alhoewel ons almal maar deurnat is. Dit was lekker, maar nie so groot soos die Zambesi nie.

Op pad terug gaan stop ons by die "Big Hill", waar die treinspoor se gradient dmv spirale tonnels in die berg verminder word.

Lake Louise van die Agnes Lake voetpad


Leonie by Mirror Lake



Ons by Lake Agnes en die restaurant aldaar







Die "Bykorf" en Mirror Lake 



Uitsigte op die berge vanag die Lake Agnes voetpad









Die eekhorinkies is baie mak en bedel kos






Die witwater avontuur wat ons gehad het-dit was lekker



Die spiraal treintonnels by "Big Hill"



Model van die uitleg



Een stel tonnels-daar is twee stelle












No comments:

Post a Comment