Saturday, 24 August 2013

24 Augustus 2013. Eau Claire (WI) na Chicago (IL) via Madison (Wii

Ons ry vandag die ongeveer 500 km van Eau Claire in Wisconsin na Chicago, in Illinois.

In Eau Claire herhinner die trui wat die persoon agter die hotel se lessenaar my weer van die uitstekende Amerikaanse voetbalspan van die geweste, "Die Green Bay Packers" wat van die dorp Green Bay aan die Michigan meer kom. Hulle is blykbaar nog steeds 'n voorste span in die liga.

Ons reis na Chicago via Madison, die Hoofstad van Chicago. Dit (Madison) is 'n indrukwekkende dorp, met die "Capitol" van die staat se wetgewer ewe indrukwekkend. Dit gee mens 'n verdere perspektief op hoe groot die VSA is-daar is nog 49 ander state benewens Wisconsin, wat ook sulke plekke en "Capitols" het!

Ons eet rustig middagete by 'n straatkafee in Madison en kyk na die wereld wat verbygaan. Die mense geniet duidelik die somer.

Wisconsin is duidelik 'n vooruitstrewende plek met 'n mooi groen landskap. Agtermekaar mense het die plek gebou. 

Ons gaan Chicago vanuit die noorde, via Lakeshore Drive (aan Lake Michigan) binne. 

Gerrit neem my net na 9 uur die aand na 'n "Blues" vertoning by die Wereldbekende "Kingston Mines" nagklub in Halstead Avenue. Ons reis met die "EL" daarnatoe. Sal gewoond kan word daaraan, dis nie te onaardig nie. Die Nagklub is so vol dat daar nie plek vir 'n muis is nie, en ons eet ook daar. Weet nie of my oor van die musiek seer is nie. Die mense by die nagklub geniet hulleself en is duidelik gelukkig.

Die Capitol in Madison, wat omstreeks 1910 (vir die laaste keer gebou is).





Madison vansf die dak van die "Capitol"



Op pad na Chicago





Ons kom Chicago vanuit die Noorde, op Lakeshore Boulevard, binne.








No comments:

Post a Comment