Ons ry deur die dorpe van Sicamous, Revelstoke, Golden In British Columbia en Field in Alberta voor ons by Lake Louise aankom. In die proses ry ons verby of deur Mount Revelstoke Nasionale Park, Glacier Nasionale park en uiteidelike Yoha National Park, waar Lake Louise gelee is.
Die pad is lank (op een stuk van die pad kan mens vir 190 km geen brandstof kry nie-hulle waarsku darem 'n keer of wat), daar is baie passe en die berge word al hoer. Dit was 'n indrukwekkende dag.
Ons draai ook af om 'n reenwoud by Mount Revelstoke Nasionale park te besoek.
Tonele van die reenwoud by Mount Revelstoke
Ons het die laaste gedeelte van die hoofweg (Trans Kanada Hoofweg) met die kap af gery, en het dit altwee baie geniet om so tussen die berge te ry. Gelukkig is die spoedbeperking in Kanada net 110km/uur.
Tonele van die Trans Kanada hoofweg in die Kanadese Rocky gebergtes-rigting Lake Louise van die weste af.
Ons kom by Lake Louise aan









No comments:
Post a Comment