Vandag ry ons suid via die "Grand Canyon" van Yellowstone, na Old Faithful en terug.
Die Canyon, en die Yellowstone rivier daarin (asook die waterval), is baie indrukwekkend-selfs asemrowend. Die geel kleur van die wande van die Canyon is te wyte aan die termiese aktiwiteit omdat die aardkors hier so relatief dun is.
Daar is net suid van die Canyon Centre, waar ons bly, 'n geweldige veldbrand. Die oggend is die pad nog oop, maar die middag toe ons wou terug ry het hulle die pad gesluit, en moes ons die lang pad omry om weer by ons slaapplek te kom.
Ons besoek ook Old Faithful, wat so ongeveer elke 70-90 minute (17 keer per dag) blaas, en die geyser stel ons ook nie teleur nie.
Yellowstone het 'n besonderse tipe skoonheid en uniekheid. Dis jammer van die veldbrande, maar hulle se dis deur weerlig veroorsaak. Veldbrande is 'n groot, groot probleen in die weste van die VSA.
Gedeelte van die voetpad langs die "Grand Canyon" van Yellowstone.
Pragtige gesig-die Yellowstone Rivier "Lower" Valle by die Canyon.
Die Canyon
Die Yellowstone Rivier in die Canyon
Dit is die grootste trop Bisons wat ons gesien het. Normaalweg loop hulle een een
Middagete by "Bridge Bay".
Die skare groei aan om na Old Faithful te kyk
Old Faithful Presteer op tyd
Keppler Watervalle
Leonie geniet dit ook om die motor, met die dak af, te bestuur. Hier stop ons by die Kontinentale waterskeiding op 'n hoogte van 8400 voet.
Termiese area by West Thumb-kyk die geweldige veldbrand op die horison (middel)
Termiese area met veldbrand in die agtergrond
Termiese area met veldbrand-weereens.














No comments:
Post a Comment