Tuesday, 6 August 2013

6 Augustus 2013. Albany (OR) na Morton (WA) (suid van Mt Rainier) via die Noordelike Oregon Kusstrook en die Columbia Rivier

Ons begin vanmore net met koffie en ry noord rigting Salem om na 'n paar myl weer wes te draai rigting die  Oregon kuslyn. Die GPS wil ons kortpad laat ry maar ons sou moes met 'n veerboot oor 
'n rivier moes gaan, wat gesluit is. Met n bietjie ompad is ons weer op pad en eet ontbyt by Denny's net voor Salem.

Ons kom weer by die kus  by Rose Lodge en daar is die see toe, toe van die mis. Gelukkig trek dit vinnig oop en ons kon die "sprokiesmooi" kuslyn van Oregon geniet. Ons stop by mooi uitkykpunte oa Garibaldi, Pacific City en eet 'n bakkie sop ( clam chowder) by Canon Beach vir middagete. 

Ons vorder tot by Astoria, heel noord-wes in Oregon, en gaan daar oor die Colombia Rivier met n groot brug  na die staat  Washington . Hier verander die omgewing weer baie en kan ons ook sien hoekom Washington Staat bekend staan as die"Evergreen State".

Van hier ry ons lank langs die Columbia rivier af in n oostelike rigting  en hier sien ons heelwat plase met diere. Ons ry tot by  die I 5 waar ons vir n rukkie weer noord ry voordat ons naby Napavine weer oos draai rigting Mt Rainier Nas Park wat ons Dv more wil besoek. Hier kry ons Mt Rainier en Mt St Helens, met hul sneeubedekte pieke, plek plek te siene.  Ons slaap oor by Morton, so 60 myl van die ingangshek van die park. 

Die weer is lekker en mooiweer word vir more voorspel .. hoop ons kan mooi fotos neem van die 14000vt hoe berg. Ons beoog om more aand Dv in Seattle te slaap.

Die mielies groei hoog in die platteland van Oregon


Die houtbedryf is 'n wesenlike deel van die ekonomie in Oregon


Die naam van US 101 wat, soos die AAA toerboek se, "hugs the Oregon Coastline"


Tonele van die Noord Oregon kuslyn-met baie mere ook. Kyk die swaar mis selfs in die middel van die dag. Dis ook koelerig.







Cannon Beach


Hulle is bekommerd oor Tsunami's


Gedeelte van die lang brug oor die Columbia rivier tussen Oregon en Washington


Ons gaan Washington staat binne


Baie mooi groen landskap, met baie water



Mt Rainier loer vir ons


Ons slaap op Morton, wat sentraal in die bosbou streek  is



More beskou ons Dv Mt Rainier van naderby, en wil dan probeer tot in Seattle vorder. Seattle is net 'n bietjie meer as 'n 100 myl noord van Morton.




















 

1 comment:

  1. Goed nou weet ek waar die naam, van Oregon Pine meubels vandaan kom. Dit bly mooi ,mooi, mooi.Geniet die laaste drie dae saam

    ReplyDelete