Die park beamptes se vir ons dat die pad na die suide via Fishing Bridge nog toe is as gevolg van die brand, en dus moet ons maar omry via Norris, Madison en Old Faithful "Geyser" (weet nie wat die Afrikaanse naam vir "geyser" is nie).
Dis die vroegste wat ons nog in die Park ry, en die stoom van die verskeie "geysers" lyk vannoggend baie meer opvallend as voorheen-kyk die foto's. Hulle se Yellowstone is baie onstabiel en verwag die een of ander tyd dat die vulkaan waarop dit gelee is, weer tot uitbarsting sal kom. Hoop maar dat ons nie dan naby is nie.
Net na ons Yellowstone deur die suidelike hek verlaat, gaan ons die Grand Teton Nasionale park binne.
Hierdie berge is mooi, en spesiaal vir Leonie en my. Op pad terug van die tyd wat ons in Houston was, het ons ook hier aangedoen en die berge was toe, soos nou, vir ons mooi. Vandag het ons darem bietjie tyd om hulle van naderby te beskou.
Ons ry op ons tyd, en dig langs die Tetons, af tot ons vroegmiddag in Teton Village, wat so 12 myl van Jackson Hole gelee is, aankom. Nadat ons die kar laat was het, hardloop en oefen ons in die hotel se gimnasium, waarna ons gaan eet en vroegerig in die bed kom.
Yellowstone se "geysers" vroegoggend-ongelooflike gesig
Ons verlaat Yellowstone Nasionale Park. Die Park het sy eie bekoring en Leonie en ek het dit geniet.
Ons gaan onmiddelik die Grand Teton Park binne
Die Tetons-regtig mooi!
Ons geniet dit om met die dak af te ry
Ons kom al nader aan die Tetons
Die kabelspoor by Teton Village-net voor ons hotel
Teton Village
Jackson Hole lugsweefbaan by Teton Village
Die beertjie op die bed in ons hotelkamer















No comments:
Post a Comment