Thursday, 22 August 2013

22 Augustus 2013. Teton Village (Wyoming) na Wall (South Dakota), viaMt. Rushmore Nas Park

Vandag verlaat Leonie my (waaroor ek baie hartseer is), en moet ek boonop baie myle inkry om betyds more middag 3 uur vir Gerrit my Minneapolis te kry. Ek het omtrent 1200 myl om af te le oor die tyd, en wil graag op pad by Mt Rushmore aandoen.

Ons staan vroeg op om vir Leonie betyds by die klein Jackson Hole lughawe te kry. Ons is egter nie die enigstes wat moet vlieg nie en die lughawe is duidelik nie ontwerp om die getalle te hanteer nie. Dankbaar as Leonie, na 'n lang ry trotseer, betyds die vliegtuig kan bestyg.

Ek ry eers Noord en dan Suid-Oos soos ek die beste, en kortste, pad na Mt Rushmore probeer kry. Die weste van Wyoming is regtig mooi met hoe berge wat duidelik in die winter 'n speelplek is. Soos ek vorder word die landskap al hoe eentoniger en self woestynagtig. Ry deur Casper en dan Noord-Oos.

Die aard van die omgewing verander nou heeltemal. Dis olie en mynbou wereld die' wat baie, baie bedrywig is. Die dorpie Wright is duidelik 'n "boomtown" met olie en 'n reuse steenkoolmyn met treine wat kms lank is.

Nader aan die South Dakota grens word die land mooi en sag, en rondom Custer is dit regtig mooi met riviere wat deurloop en mense wat vakansie hou.

Mt Rushmore is heel indrukwekkend, maar ietwat kleiner as wat ek my voorgestel het. Die vier presidente is vir goeie redes op die berg geplaas-Washington (Eerste President), Madison (wat met die Louisiana transaksie die grondgebied drasties uitgebrei het), Abraham Lincoln (wat die eenheid van die VS bewaar het) en Theodore Rooseveldt (wat die monopoliee polities en prakties aangeval  en baie parke gestig het-o.a Yosemite)

Na ek die presidente teen die berg beskou het, probeer ek sover vorder as wat ek moontlik kan, en kom moeg laataand by 'n klein dorpie in South Dakota, met die naam van Wall, aan. Het nie heeltemal so ver gevorder as wat ek wou nie, en more begin die Prairies behoorlik. Die land is so uitgestrek en platterig dat jy jou kan verbeel dat jy ter see is. 

Leonie is op pad huis toe-vroegoggend by Jackson Hole Lughawe


Berge in die Noord-Westlike deel van Wyoming is mooi



"Badlands" begin in Wyoming by die dorpie "Dubois" 



Die landskap in sentraal Wyoming word woestynagtig en die olievelde begin. Hierdie olie installasie is by Edgarton 




Dis duidelik dat die winters in sentraal/oos Wyoming straf is. By elke dorp is daar 'n teken om terug te keer dorp toe as die ligte flits-die pad is dan onbegaanbaar agv die sneeu




Verlaat Wyoming by Newcastle



Gaan South Dakota binne



Die dorpie Custer is vernoem na Genl Custer wat saam met sy manskappe deur Crazy Horse verslaan en doodgemaak is. Baie mooi dorpie.






By Mt Rushmore Nasionale Monument















No comments:

Post a Comment