Dis mistig en ons is nie vroeg nie.
Na een kort verkeerde draai is ons by die veerboothawe, maar ons is een van die laaste karre op die skip. Hierdie plek is so groot dat 'n mens meermale die tyd wat dit neem om iets te doen onderskat.
Hoe dit ookal sy, ons is betyds en die formaliteite aan weerskante van die grens gaan goed en sonder voorval. Die dokumente wat gereed is vir die kar word nie eers gevra nie.
Van Sidney ry ons na Victoria waar ons so twee ure tyd het om die hoofstad van BC die verken. Victoria is regtig pragtig in die somer en ons geniet dit om daar te stap.
Ons is op die 15h00 veerboot van Swartz Bay na Tsawwassen (Suid van Vancouver) bespreek en ons maak dit gemaklik. Op pad na Vancouver lughawe is daar 'n botsing op die snelweg wat veroorsaak dat ons vir omtrent 40 minute stilstaan.
Ons kom betyds by Vancouver Lughawe aan vir Leonie se vlug. Op die Lughawe se Bertie vir Arend totsiens en handig Arend aan Natalie oor.
Dit beeindig ons vakansie saam wat ons altwee baie geniet het-ons het verstommend baie gesien en geleer en die tyd saam terdee geniet.
Dit was mistig op die veerboot Vrydagoggend op pad na Sidney, maar die eilande is mooi.
Dis hoe dit aan boord die veerboot lyk. Ons het so rofweg getel, ons meen die kapasiteit is vir so 150 motors.
Waar ons gesit het
Tonele van die vaart na Sidney
Olympic Park se sneeubedekte pieke in die verte
"Friday Harbour" op San Juan eiland (waar ons aangedoen het op pad na Sidney)
Victoria is baie mooi in die somer
Water "Taxi's" by Victoria se waterfront
Ons ry na die Veerboot by Swartz Bay vir oulaas met die kap af
Kanadese veerboot wat ons op gery hey























No comments:
Post a Comment