Die fabriek is reusagtig en prosesse indrukwekkend. n Mens kom nogal agter dis n komplekse proses om n vliegtuig te bou al lyk dit redelik eenvoudig soos hulle ons vertel.
n Paar feite; * Grootste fabriek in die wereld onder een dak ( per volume)
* Mens sal all California se Disney World parke plus 12 000 beskutte kar parkeerplekke in
die fabriek kan inpas
* Mens sal 17 Taj Mahals kan inpas of die hele Vatikaan stad
* n 747 kos $ 350m en die nuwe 787 kos $ 220 m
* Die 737 is die populerste verkoper en word in Reston gebou , n dorp nie so 40 myl
van Everette af (sien foto's van die fabriek geneem van Gubby se huis).
* Die fabriek het 42000 werknemers en het sy eie mediese fasiliteite,dag sorg sentrum
en restaurante waar daagliks 22000 etes verkoop word.
* Die omtrek van die fabriek is 2.25 myl
Na die toer het ons gou die kar laat diens ( na 10 000myl op die reis afgele is). Die diens kos maar $50 met 'n voortuitsig om $10 daarvan terug te eis.
Daarna Seattle stad toe,
Die weer is pragtig en ons loop bietjie rond op die pier en by Pikes Public Market. Dit is opvallend hoe Mt Rainier die stad domineer.
Daarna is ons uitgenooi vir aandete by 'n voormalige kollega, Gubby Barlow, van ons wat nou al vir amper 27 jaar in die VSA woon.
Gubby en Gillian Barlow woon op Mercer eiland in n pragtige huis reg op die meer. Hulle het n "klein " bootjie van 16 vt maar het ook n "groot" boot van 62 vt wat by San Juan eiland , so 70 myl weg ,le.
Ons drink lekker bier en wyn ( Bertie net n paar slukkies) en eet die lekkerste salm wat ons nog geeet het. Gubby hulle se dogter Fiona haar man Court en hulle seuntjie eet ook daar. Ons kuier lekker oor die hede en die verlede toe Gubby nog n vennoot van ons was in Kaapstad. Hulle woon nou al 27 jaar in die VSA.
Na ete moes ons nog n uur terug ry hotel toe en probeer so gou moontlik na 23h00 in die bed kom om more vroeg genoeg weg te kom om die veerboot van Anacortes, na Sidney op Vancouver eiland, te haal.
Ons begin die dag met 'n toer van die Boeing fabriek. Die tema van "The future of Flight" is "How Everett changed the world" vanuit die perspektief van die 747 vliegtuig (Everett is waar al die 747's vervaardig word), en as 'n mens daaroor dink, is dit waar!
Boeing vliegtuie (747's, 777's en 787's (sg. "Dreamliners") in die finale fases voor aflewering
Die komponente van die Dreamliner word oral oor die VSA, en die Wereld, gemaak en met hierdie vliegtuie na Everett vervoer.
Seattle se "Space Needle"
Mt Rainier domineer Seattle se Suid-oostelike horison
Pike's Public Market op die Seattle waterfront-die buitekant en binnekant. Hier kan mens alles koop.
Tonele van die Seattle sentrale stadsgebied en hawe
Uisigte van Gubby se huis en sy een kleiner boot
Die Redmond Boeing fabriek waar hulle die 737's maak-soos van Gubby en Gillian se huis
Gubby, Arend, Gillian en hul dogter Fiona waas ons op die stoep geeet het
Gubby, Arend, Court (Fiona se man) en ek




















No comments:
Post a Comment