Na ontbyt vertrek ons in 'n Noord-oostelike rigting na Quebec City, die hoofstad van die provinsie Quebec. Ons ry met die A40 snelweg op die Noordoewer van die rivier tot net na Trois-Rivieres, waar ons die landlike pad 138 noord wat reg langs die rivier loop, en ook deur dorpie vir dorpie. Die groot skepe op die rivier wat see toe vaar is interresant. By Trois-Rivieres doen ons ook by 'n Tim
Hortons winkel aan, waarvan die "donuts" en koffie Gerrit baie hou. Ons het 'n interresante gesprek met 'n klomp skoolkinders wat ook die lekkernye daar eet en vandag met die nuwe skooltermyn begin het.
Na die aankoms by ons hotel verken ons die ou stad van Quebec City, met sy roemryke geskiedenis. Die Fort by Quebec City domineer die St Lawrence rivier. Die Fort is oorspronklik deur die Franse gebou, deur die Engelse ingeneem en versterk en in die oorlog van 1812 teen die Amerikaners suksesvol verdedig. Die stad Quebec City lyk soos 'n deel van Franse Ou Europa en die voertaal is outomaties Frans. Dis 'n mooi en indrukwekkende stad.
Kan nie glo dat ek Gerrit more reeds by die lughawe moet gaan aflaai nie-die week het soos blits verby gegaan.
Vroegoggend Montreal van Mount Royal
Die pad wat ons QC toe vat
Gerrit voor Tim Hortons-sy gunsteling winkel in Kanada
Die naam "Du Plessis" kom dikwels hier voor, Meiring en Tilda
Die St Lawrence seeweg en die dorpies daarlangs
Die Franse afkorting vir K F C-kon dit nie glo nie!
Die Fairmont Chateau Hotel in Quebec City
Die St Lawrence by Quebec City
Die "Plains of Abraham" (Slagveld)
Die "Citadel" by Quebec City.
Straat toneel in ou Quebec City

















Lyk of julle 'n fantastiese trippie het! Baie bly 'Du Plessis' is so gewild daar! :-)
ReplyDelete