Sunday, 25 August 2013

25 Augustus 2013-Chicago (IL) na Windsor (OT)

Na Gerrit gaan hardloop het (ek slaap so bietjie laat), stap ons 'n entjie van ons hotel na die Chicago Rivier toe om by 'n straatkafee op Wacker Rylaan ontbyt te nuttig. Dis 'n heerlike dag en ons geniet die ervaring en die stad.

Na ontbyt vat ons die pad suid, eerstens na die wereldberoemde  kampus van die Universiteit van Chicago (Booth School of Business) waar Gerrit deel van sy LBS MBA kursus voltooi het. Die kampus is om bepaalde oorwegings in die berugte "South Side of Chicago" (vgl. die liedtjie "Bad, bad Leroy Brown") gelee, wat nie die beste deel van die stad is nie. Die tekens daarvan, asook die sekuriteits maatreels, is opsigtelik. Die kampus self is egter mooi, met talle indrukekkende geboue.

Daarna ry ons verder suid, en dan oos en noord oos om die Michigan meer in die rigting van Detroit waar ons Kanada wil binnegaan. Ons ry deur die State van Indiana en dan Michigan, en kry veral die gevoel in Gary, Indiana (waar ons brandstof ingooi), van die industrieele verval van hierdie deel van die VSA. Ons ry verby die stede  Kalamazoo en Battle Creek (Kellogg faam).

Ons gaan oor die Ambassodor brug by Detroit Kanada binne waar 'n baie vriendelike vroulike paspoort beampte vir ons o.a. se dat sy sien dat ek die laaste  keer Kanada by Victoria binnegekom het en dat sy die weste van Kanada bo waar sy nou is, verkies. Ons gesels lekker vir 'n minuut of twee.

Ons vorder tot by Windsor in Kanada (industriele stad oorkant die rivier van Detroit), en wil Dv more Niagra en die valle besoek, Gary Vernon opsoek, en kyk hoe ver ons kan vorder in die rigting van Ottawa.

Lekker dag gehad, en Gerrit en ek gesels oor baie dinge. Geniet dit om met hom gedagtes te deel, uit te ruil en te debateer.

Chicago van die noordekant (teen die Michigan meer) beskou tydens Gerrit se hardloopsessie vroegoggend


Chicago aan die rivier


"Downtown" gebou van die Universiteit van Chicago


Ontbyt saam met Gerrit op Sondag more


Straat tonele in Chicago-Wrigley's gebou en die van die Chicago Tribune koerant


Chicago Rivier


Michigan Avenue


Waar Gerrit se woonstel was


Millenium Park


Booth School of Business op die kampus van die Universiteit van Chicago


Snelweg op pad na Detroit


Ambassador brug tussen Detroit en Windsor



Detroit van die brug af


Toue karre wat wag om Kanada biine te gaan-kyk die skaal 


Kanada is op die metriese stelsel-die VSA nie. Net om die feit duidelik te maak-ook in Frans!












 
 








No comments:

Post a Comment