Vandag moet ons in Calgary kom, in tyd om ons 10km hardloop nommers en kopligte af te haal. Die wedren begin eers om 21h15 (wanneer dit behoorlik donker is).
Banff is 'n mooi dorpie, maar Lake Louise is na mening mooier.
Soos 'n mens oos van Banff ry, hou die bergwereld ewe skielik op, en begin 'n mens die gevoel kry dat die Prairies begin.
Ons ry voorspoedig en is reeds voor 15h00 in Calgary om ons hardloopgoed af te haal.
Die hardloop is heel interressant, en ons word lekker nat omdat dit gedurende die reisies liggies begin reen. Beide Leonie en ek geniet die hardloop terdee.
Ons ry met die ou Trans Kanada pad (Bow Highway) van Lake Louise na Banff









No comments:
Post a Comment