Tuesday, 20 August 2013

18 Augustus 2013. Reis vanaf Calgary, via Ennes in Montana, na Canton Village in Yellowstone National Park

Ons het maar laat die vorige aand in die bed gekom met die hardlopery, en moes vroeg vertrek om die 600+ myl af te le na Yellowstone toe.

(Die hardlopery het goed gegaan. Leonie het 1:01 gedoen, en ek 1:05. Dis my beste tyd in die afgelope jare. Die gees was goed tydens die byeenkoms, en die kopligte wat ons gekry het sal ook in die toekoms Dv goed gebruik kan word.)

DIe pad na die Amerikaanse grens in Kanada was omtrent so 250 Km, en 'n mooi en stil pad vroeg op die Sondagoggend. Die eerste deel was snelweg, en toe 'n normale dubbel laan teerpad. Ons eet ontbyt in McLoed, en gaan deur die grens by Carway na ons deur die dorpie Cardston ry, waar die Mormone hulle in Kanada  gevestig het om van die VSA se wette teen veelwywery te ontsnap. 

Soos mens ry, sien mens heelpad die Rockies op die horison in die weste-soms nader en soms verder.

Die rit deur Montana is lank maar interresant. Montana herhinner, meer as enige ander Staat dusver, beide Leonie en my die meeste aan Suid Afrika.

Ons ontmoet Kim en Jeff Montag (ek het saam met Kim destyds in Houston gewerk) vir 'n koeldrank in die dorpie Ennis, waar hulle nou van die vinnige baan in die platteland afgetree het.

Daaarna ry ons deur na Yellowstone. Die Park het 'n anderse tipe mooiheid aan hom, en is 24/7 oop. Mens kan in die nag ook ry wat ons vreemd vind.

Die Rockies is heelpad langs ons aan die regterkant soos ons vandag ry-soms nader, soms verder


Ons gaan Montana binne, en dis ook Indiaan gebied. Kyk die rollende heuwels



Eerste foto van die Madison Rivier in Yellowstone teen skemer





 

No comments:

Post a Comment