Die uitsig op die sneeu bedekte berg en al die ander berge om hom sowel as die mooi bome en talle soorte blommetjies is pragtig en 'n mens weet naderhand nie wat om af te neem en wat nie. Sien fotos hieronder.
Op pad weer ondertoe is daar mooi uitsigte op poele water en meertjies , self een wat die berg reflekteer.
Na ons die berg gegroet het durf ons die laaste 100 myl Seattle toe aan waar ons na 'n ruk se spook darem goeie slaapplek gekry het in Arlington. Dis so n entjie noord van Seattle , maar redelik sentraal t.o.v. die Boeing fabriek wat ons DV more wil besoek, die kar se diens, verkenning van "Downtown" Seattle, ons aandete afspraak met Gubby Barlow, n eetydse kollega by sy huis op Mercer Eiland in Seattle en die plek (Anacortes) waar ons Dv Vrydagoggend die veerboot wil haal Vancouver Eiland toe.
Ingang na die Park
John Muir se eerste indruk van Mt Rainier
Die berg van die Suide-kant
Arend het vir die laaste keer die oop kap eervaar en ons het dit geniet
Stappers en bergklimmers by dosyne maak hul gereed om die berg aan te durf
Kyk die refleksie!
Uitsig vanuit die Ooste
Uitsig vanaf Sunrise
Ander berge in die omgewing















No comments:
Post a Comment