Die pad begin met 'n nouerige pad van Whistler na Lillooet (die Trans Kanada pad loop verder suid en van Vancouver af). Dit pad kronkel deur pragtige berge, en soms is die brue net een kar wyd.
Dis mooi, veral met die baie mere. Vanaf Lillooet (waar daar ook destyds goud ontdek is) word die terrein skielik woestynagtig met die berge bietjie kleiner. Die welbekende Fraser Rivier loop deur Lillooet.
Kamloops is die volgende groot dorp/stad. Hierdie woestynagtige topografie duur voor tot Chase, waar daar nou baie water en duidelik lekker vakansie plekke is.
Die binneland van British Columbia is duidelik onherbergsaam, selfs in die somer. Dit moet regtig erg in die winter wees.
Ons slaap in 'n dorpie met die naam van Salmon Arm, waar ons terwyl ons vir 'n sitplek in die eetplek wag, lekker met plaaslike mense gesels oor wat vir ons voorle op pad na, en in die Rockies.
Inpak van die motor by die Fairmont in Whistler. Ons het baie lekker hier gebly.
Dis die roete wat ons gery het
By Pemberton, die dorpie net oos van Whistler, vanwaar mens die gevoel kry jy gaan nou die wildernis binne.
Die pad is nou en kronkel, en baie stil
Die berge is groot, met gletsers
Die blomme, water en berge is mooi
Nou brug oor die rivier. Daar is baie water
Ons nader Lillooet. Dit word woestynagtig. Die Fraser rivier loop deur Lillooet
Na Lillooet ry die pad en die treinspoor al langs die rivier
Tussen Lillooet en Kamloops
Ons het koffie hier gedrink



















No comments:
Post a Comment